1 / 376

Lied 500: 1

Lied 500: 1. Gods dade is volmaak en goed, sy wil is altyd heilig. Hy sal my altyd trou behoed, en by Hom is ek veilig. L 500:1 (vervolg) Sy hulp is groot; in al my nood beskerm Hy teen gevare deur al my lewensjare. L 500: 2 Gods dade is volmaak en goed, Hy sal my nooit begewe.

les
Télécharger la présentation

Lied 500: 1

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Lied 500: 1 Gods dade is volmaak en goed, sy wil is altyd heilig. Hy sal my altyd trou behoed, en by Hom is ek veilig.

  2. L 500:1 (vervolg) Sy hulp is groot; in al my nood beskerm Hy teen gevare deur al my lewensjare.

  3. L 500:2 Gods dade is volmaak en goed, Hy sal my nooit begewe. Ook as ek deur die dieptes moet, bly Hy my lig en lewe. Wie op Hom bou, op Hom vertrou, vind steeds by Hom beskerming, genade en ontferming.

  4. L 500:3 Gods dade is volmaak en goed, sy trou is altyd seker. Waar ons nog na 'n uitweg soek, weet hy reeds wat is beter. Voor God se wil word ons dan stil - in Hom is ons vertroue; deur Hom bly ons behoue.

  5. Lied 501: 1 Ek het toe wilde storms gewoed het, diep onder, vaste rots gevind. Die woord wat my van ramp behoed het:

  6. L 501:1 (vervolg) God is my Vader; ek sy kind. My anker is dáár vasgemaak - ek glo! - niks sal dit los laat raak.

  7. L 501:2 Dié vastigheid het die Getroue, my Heiland, met sy dood gelê. Ek is Gods kind en in vertroue kan ek dit glo; sal ek dit sê. Al kom daar onweerswolke aan, die woord is vas: Die rots bly staan.

  8. Lied 502: 1 Vol vertroue, vas en veilig, bou ek op die Heer my hoop. Hy is koning wat, almagtig, heers oor voorspoed en oor nood: Hy het my steeds gelei; dankbaar wil ek dit bely.

  9. L 502:2 Sou ons werklik ons vertroue aan verganklikheid verpand; toekomsdrome, strewe, wense, bou op fondament van sand? Wat bestaan, sal vergaan; God se Woord bly ewig staan.

  10. L 502:3 God wat ryk is in genade géé, al het ons niks verdien. Ons kan ook in pyn en skade nog sy sorg en liefde sien. Hy behou my en jou - vas kan ons op Hom vertrou.

  11. L 502:4 U bestuur sekuur en magtig die onmeetlike heelal. Nooit laat U, wat U begin het, uit u skepperhande val. U, o Heer, U regeer - aan U alle lof en eer.

  12. L 502:5 Dankie dat u Seun, o Vader, God is, en ook ware mens; dankie dat u Gees genadig hoop laat vlam oor tyd en grens. U is trou; U behou; wat ons glo, sal ons aanskou!

  13. Lied 503: 1 Jesus, Rots, my hoop vir ewig, veilig kan ek op U bou. U is Heer, my anker stewig, vas kan ek op U vertrou. Deur u mag, deur u krag dra U my van dag tot dag.

  14. L 503:2 U, my hoop, my koers op aarde - U gee aan die lewe sin. Heer, U gee my lewe waarde, nuut kan ek met U begin. U vergeef, U laat leef - in u krag kan ek oorwin.

  15. L 503:3 U, my hoop, my hede, toekoms, leer my werk en bid en wag. U gee op my sugte uitkoms, inspireer my elke dag. Aan U, Heer, altyd weer: lof, aanbidding, dank en eer!

  16. Lied 504: 1 Kom, laat ons saam tot Jesus nader met blye uitsig op ons lot! Hy het die heilsplan van die Vader vir sondaars reeds volbring by God.

  17. L 504:1 (vervolg) Sy werk van Goddelike waarde, die eeue deur met hoop verwag, het Hy volbring: Loof, hemel, aarde, loof Hom, die Lam vir ons geslag.

  18. L 504:2 O Jesus, u verlossingsdade bevry ons van die sondestraf! U't God behaag en in genade wend Hy sy oordeel van ons af. Nooit kan ons deur ons eie strewe self voor die heil'ge reg bly staan; U kruis, die boom van nuwe lewe, het Edens poort weer oop laat gaan.

  19. L 504:3 Voor U lê al ons vrees en twyfel, ons ydelheid en wense oop. U sien ons voor die waarheid weifel of aarsel voor ons lewenshoop. Heer, na wat U vir ons gely het, laat ons met blydskap werk en bid. Heer, U wat ons tot diens bevry het, neem van ons lewe vol besit!

  20. L 504:4 Soos vas beloof aan voorgeslagte voldoen U aan die heil'ge reg. Gewillig loop U, as veragte, alleen die donker lydensweg. Alleen drink U die lydensbeker; U dra ons ongeregtigheid. Die vonnis maak ons vryspraak séker - hoe groot is u barmhartigheid!

  21. L 504:5 Ons wil U wy ons hele lewe, U volg waar U ons ook mag lei - aan U, o Here, hoog, verhewe, en aan u diens steeds toegewy. Spreek deur ons woorde, rig ons dade; Voleinder, gee dat deur u krag die heerlik' werk van Gods genade in ons volbring word dag na dag!

  22. Lied 505: 1 Jesus, U gaan voor – ons volg in u spoor. U ken alle lewenspaaie, al die hoogtes, dieptes, draaie. Kom en vat ons hand na die Vaderland.

  23. L 505:2 Jesus, U gaan voor - ons volg in u spoor. Laat ons selfs in donker dae altyd volhou sonder klae. Ons wil soms bly staan, as U voorwaarts gaan.

  24. L 505:3 Jesus, U gaan voor - ons volg in u spoor. Ons word vry van sondebande, van verslawing, skuld en skande. U is in beheer, ons Verlosser, Heer.

  25. L 505:4 Jesus, U gaan voor - ons volg in u spoor, ook waar niemand dit wil waag nie, waar niks anders ooit sal slaag nie. U wat alles sien, leer ons sinvol dien.

  26. Lied 506: 1 O Heer, u liefde wondergroot maak my van sonde vry. U Seun ontruk my aan die dood, Hy dra die kruis vir my.

  27. L 506:2 U hulp, u liefde onbegrens laat my van vreugde juig; U deernis met 'n dwase mens laat my eerbiedig buig.

  28. L 506:3 Genade so oneindig wyd - U skenk dit weer en weer. Dit is die hoogste heerlikheid dat U my liefhet, Heer.

  29. Lied 507: 1 Hemelse Vader, U heers op u troon, U is ook oral waar ons woon. Dit is ons troos as ons twyfel of vrees: U sal ons God vir ewig wees.

  30. L 507:2 Volke mag worstel en oorlog verklaar, mense mag stryd voer met mekaar. Sterre, planete mag brand en vergaan - U troon sal ewig bly bestaan.

  31. L 507:3 Smart of tragedie mag ons hier oorval - dit tref ons male sonder tal. As ons verbyster net staan en bly staar, bly U ons God. U's altyd daar!

  32. L 507:4 Vader,ons weet ons kan nêrens heen dwaal U sal ons altyd weer kom haal. Niks stuit u liefde en majesteit, Here ons God, in ewigheid.

  33. Lied 508: 1 Vaste Rots op wie ek bou, een op wie ek kan vertrou. Rots by wie ek altyd skuil – U is skenker van my heil. As die golwe oor my slaan, bly my Rots vir ewig staan.

  34. L 508:2 Sonde woed met alle mag, onrus kwel my dag en nag. In my sonde vasgevang, laat U my na U verlang. U het alles vir my veil - God, my Rots van ware heil

  35. Lied 509: 1 Op berge en in dale en oral is my God; waar ons ook telkemale mag swerwe, daar is God!

  36. L 509:1 (vervolg) Waar ons gedagtes swewe of styg, ook daar is God; omlaag en hoog verhewe ja, oral is my God!

  37. L 509:2 Sy troue vaderoë sien alles van naby; ons leef uit sy vermoë - word deur sy Gees gelei. Die swaeltjies behoed Hy, beklee met gras die dal; die kleinste wurmpie voed Hy, sorg vir die groot heelal.

  38. L 509:3 Die diere op die aarde, die visse in die see, die mossie en die arend, die blomme, veld en vee, met al sy ander werke, verkondig dag en nag sy goedheid sonder perke; die grootheid van sy mag.

  39. L 509:4 Roem, Christen, heel my lewe is veilig in my God; waar alles my begewe, of waar ek ly, is God; waar troue vriendehande nie red nie, daar is God; selfs in die dood se bande ja, oral is my God!

  40. Lied 510: 1 Genade, onbeskryflik groot het U aan my bewys: verlore seun - ‘n wegloopkind - weer in die vaderhuis.

  41. L 510:2 Ek is die naam van kind nie werd - wou self my sake reël. My lewe, kanse, tyd en geld is nutteloos verspeel.

  42. L 510:3 Maar U sien ver, oneindig ver. U sien my honger, dors. Nog voordat ek kon skuld bely, druk U my aan die bors.

  43. L 510:4 Genade, onbeskryflik groot - daar's fees, ek is weer tuis. U Seun bring my - verlore mens - weer in die vaderhuis.

  44. Lied 511: 1 Lei U ons, Lig, deur hierdie duisternis, lei U ons, Heer! Steil is die pad waarop ons pelgrims is,

  45. L 511:1 (vervolg) lei U ons, Heer! Wys U die weg, ons wil U ewig volg. Waar U mag lei, sal ons getrou U volg.

  46. L 511:2 Al wou ek self my lewenspad hier meet, al wou ék lei; noudat ek weet, nou vra ek U, ek smeek: Sal U my lei? Ja, ek was dwaas, verlei deur ydelheid. Vergeef nou, Heer! Vergeet tog daardie tyd.

  47. Lied 512: 1 Nader, my God, by U,nog naderby. U is om Christus wilVader vir my. U liefde bly my by - nader, my God, by U, nader, my God, by U,nog naderby.

  48. L 512:2 U ken my angs en vrees,U staan my by. U lei my deur u Gees,maak my weer vry. U Woord verseker my: Nader, my God, by U; nader, my God, by U, nog naderby.

  49. L 512:3 Waar hartseer, pyn en leed my weerloos laat, sal U my nooit vergeet;my nooit verlaat. Deur lyding bring U my nader, my God, by U, nader, my God, by U,nog naderby.

  50. Lied 513: 1 Soek in God jou sterkte; kry by Hom jou krag; met sy wapenrusting klee Hy ons met mag. Nie teen medemense is ons worstelstryd,

More Related