1 / 311

L-10-T

L-10-T. KOMAAN!. Lukas 10 Transformasie (L-10-T) Inleiding L-10-T is ‘n opwindende en radikale nuwe manier vir gewone Christene ouer as 12 en jonger as 100 jaar (en baie onder twaalfs ook) om Jesus te volg – op ‘n wyse wat deur Jesus self omtrent 2 000 jaar gelede vir ons gegee is!

prentice
Télécharger la présentation

L-10-T

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. L-10-T KOMAAN!

  2. Lukas 10 Transformasie (L-10-T) Inleiding L-10-T is ‘n opwindende en radikale nuwe manier vir gewone Christene ouer as 12 en jonger as 100 jaar (en baie onder twaalfs ook) om Jesus te volg – op ‘n wyse wat deur Jesus self omtrent 2 000 jaar gelede vir ons gegee is! Met L-10-T kan jy en Die Heilige Gees die Goeie Nuus vertel waar jy ookal gaan – by die skool, universiteit, werk of fliek, huis of wanneer jy vriende besoek - Almal kan L-10-T!

  3. Kom ons kyk na wat Jesus gedoen het • Hy het twaalf dissipels opgelei – gewone mense! Hy het hulle gekies om Sy boodskap tot in elke land op aarde te neem. • Hy het ook twee-en-sewentig ander mense – nog meer gewoon soos ek en jy! - (sewentig in die OAV) gestuur om sy boodskap voor Hom uit te neem. • Hulle is die voorbeelde wat ons wil volg terwyl ons Jesus se opdragte uitvoer in die huidige moderne lewe!

  4. Lukas 10: 1-9 1Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan. 2 Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3 Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in.

  5. 4 “Moenie ’n beurs of ’n reissak of skoene saamdra nie, en moenie langs die pad met groetery tyd verkwis nie.5 As julle in ’n huis kom, moet julle eerste woorde wees: ‘Vrede vir hierdie huis 6 As daar iemand woon vir wie die vrede bestem is, sal die vrede op hom bly; so nie, sal dit na julle toe terugkom.

  6. 7 Moenie van een huis na die ander trek nie, maar bly in dieselfde huis, eet en drink wat hulle voorhande het, want die arbeider is geregtig op sy loon. 8 As julle in ’n dorp kom en hulle ontvang julle, eet dan wat hulle vir julle voorsit. 9 Maak die siekes daar gesond en sê vir die mense: ’Vir julle is die koninkryk van God baie naby!’

  7. Ons het uit bogenoemde opdrag van Jesus 4 stappe gehaal om vir die gewone Christen vandag ‘n riglyn te gee om Jesus Christus na buite in sy gemeenskap te volg. Terselfdertyd gaan jy begin om meeste van Sy opdragte uit te voer!

  8. Die Stappe is: • Vra die Here se seën of vrede waar jy gaan • Bou verhoudings/Samesyn (“fellowship”) • Bevredig behoeftes (die nood wat mense het) • Vertel van Jesus

  9. Twee kriteria vir L-10-T • Elkeen ouer as 12 en jonger as 100 moet dit kan doen (en ons het L-10-T vir voor- en laerskoolleerlinge ook!). • Jy moet kan L-10-T daar waar jy in jou normale lewe van Maandag tot Saterdag (en Sondae ook) rondbeweeg! Jy hoef nie spesiale byeenkomste by te woon om te kan L-10-T nie.

  10. Kwalifikasies? Jy moet met alles in jou Jesus wil liefhê en ‘n lewe wil lewe wat Sy hart sal verbly!

  11. As dit jy is - KOMAAN!

  12. As jy die L-10-T Inligting en Hoe-om DVD het, kyk nou na die 13 minute video wat wys waar mense oor L-10-T en sy stappe en hul effek praat. Bespreek dit! • Ons hoef nie net te dink nie – ons kan doen ook! As jy kan - probeer om nou al die L-10-T stappe te doen!

  13. Jy kan L-10-T byvoorbeeld so begin doen: Stap 1: Begin om dadelik oral waar jy rondbeweeg, die Here te vra om Sy seën, vrede of liefde op die plekke en mense wat daar is te laat rus.Dit is gewoonlik ʼn stil gebed, baie keer met oop oë! Hou jou eie reaksies dop. Kry jy dit altyd reg? Stap 2: Kyk na die mense rondom jou by jou werk, skool of waar jy ook al beweeg. Begin dink of daar van hulle is wat Jesus se verlossingswerk in hul lewe nodig het – jy doen dit deur na hul optrede (hul “vrugte”) te kyk. Kyk of jy kan begin om met hulle vriende te maak. Stap 3: Luister mooi of jy van enige tipe nood of behoefte hoor of sien soos jy deur jou lewe gaan. Probeer doelbewus help of bemoedig. Jy mag dalk ook die saak in die Here se hande wil plaas deur stil te bid of die mense in die situasie te vra of jy met hulle vir die saak kan bid. Wat is hulle reaksie? Wat is jou reaksie? Stap 4: Vertel van Jesus se verlossingswerk as jy dit kan doen. As jy nie kan nie - identifiseer mense met wie jy dit sou wou doen (kyk terug na Stap 2) as jy kon. Bid dat die Here hulle sal red en seën. Dit is die begin van Vat Vyf soos jy in die video gesien het! Hoe voel jy oor hulle?

  14. Die feit dat jy dadelik begin om Jesus se opdragte aan die Lukas 10 dissipels uit te voer, sal jou help om onmiddellik jou leerervaring en die res van die kursus persoonlik en prakties te maak.

  15. Jy is nou voltyds in die Here se diens!

  16. Waarom L-10-T? Die Groot Opdrag In die eerste twee lesse bekyk ons ‘n paar van Jesus se opdragte en spieël onsself en ons gemeenskappe teen Sy verwagtinge. Deurentyd vra ons onsself die vraag: “Is daar enige behoefte vir ‘n lewe wat ten minste op ‘n paar van Sy opdragte gebaseer is?”

  17. In meeste hedendaagse stedelike omgewings wil dit deesdae voorkom of die Kerk van Jesus Christus (soos uitgedruk in talle verskillende denominasies en gemeentes) feitlik geen indruk op die gemeenskap maak nie. Individueel gesien doen talle individue, gemeentes en groepe wonderlike werk om Jesus se opdragte na die gemeenskap (beide om siele te wen en hulle wat in nood is te help) uit te voer – maar die taak is net te groot en die programme gewoonlik ongekoordineerd omdat die Kerk gewoonlik nie in eenheid saamwerk nie.

  18. ʼn Ander rede is as gevolg van die feit dat die dienste of programme in baie gemeentes meer as 90% na binne mik – dit doen goeie werk, maar versorg hoofsaaklik gemeentelede en aanbid die Here. Daar is by baie gemeentes te min klem op die nood en redding van die gemeenskap rondom die kerk.

  19. Jy mag dalk reeds aan sulke gemeenskapsprojekte deelneem. Of jy sou graag wou, maar dit gebeur nie in jou gemeente nie, of jy het dalk net nie tyd nie, of jy voel jy is nie daartoe geroep nie, ens. • Wat kan gedoen word om die toedrag van sake te verbeter? Kom ons kyk verder!

  20. IN HIERDIE EENHEID KYK ONS NA JESUS SE GROOT OPDRAG

  21. Voordat Jesus opgevaar het na Sy Vader in die hemel toe, het Hy ʼn belangrike opdrag aan Sy dissipels en deur hulle aan ons gegee – genoem die Groot Opdrag: •  Lees Mat 28:19-20a • 19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. • En lees Hand 1:8 • 8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. • Wat tref jou die meeste in bogenoemde verse?

  22. Dit is duidelik dat die groot Opdrag vir ______ en _____ is – ons moet ook in ons Jerusalems getuies vir Christus wees. Dit sluit getuie wees aan nominale Christene in – ʼn nominale Christen moet ook gered te word! naby ver

  23. IS DAAR WERKLIK IN JOU GEMEENSKAP ‘N BEHOEFTE VIR MENSE OM GERED TE WORD?

  24. Kom ons neem Suid-Afrika as voorbeeld. Baie mense sê Suid-Afrika is ʼn Christen land omdat 79,8% mense in die 2001 sensus aangedui het hulle is Christene. Die statistiek bring ons egter onder ʼn totale wanindruk oor die behoefte aan verlossing van mense in ons omgewing. Amper 8 uit elke 10 mense rondom ons in Suid-Afrika is waarskynlik geestelik verlore en het Jesus Christus as Verlosser nodig! Praat van ʼn nasionale krisis! Die oes is inderdaad groot.

  25. Om dit kortliks op te som is daar drie hoofgroepe mense in Suid-Afrika wat vir Christus bereik moet word: • Die wat in naam Christene is maar nie hul geloof uitlewe nie of wat die Christelike geloof vermeng met vals gelowe en dit is omtrent 60% van die bevolking. • Die wat vals gelowe aanhang, 4% • Die ateïste 15%

  26. Daar is dus slegs omtrent 20% Suid-Afrikaanse Christene wat Jesus as Verlosser en Koning ken, en die 20% is waarskynlik ʼn oorskatting. Die 20% korreleer wel goed met die 19,3% skatting van geredde Christene in SA wat die 2001 uitgawe van Operation World gedoen het.

  27. Hoe groot is die oes in jou gemeenskap/ Stad/ Dorp/ Land?

  28. - Meer detail oor die oorsprong van die statistiek van Christene in Suid-Afrika en die wêreld en hoe om dit vir jou land of omgewing te bepaal, word in die aparte afdeling aan die einde van hierdie eenheid bespreek. Onthou egter altyd dat net die Here werklik weet wie tans gered is of nie. - Christus se hart is vir elke verlore skaap. Daar is omtrent nie ʼn gemeenskap waar daar nie ʼn oes is nie, en gewoonlik is die oes – soos in die wêreld en Suid-Afrika - groot!

  29. WIE GAAN DIE VERLORENES IN JOU LAND OF GEMEENSKAP BEREIK EN HOE?

  30. - Hoeveel evangeliste of sendelinge werk voltyds in jou gemeenskap? Hoeveel gemeentes doen gereeld evangelistiese uitreike? Is dit genoeg om die oes te bereik in die volgende 10 jaar? 20 Jaar? - Bespreek / Oordink

  31. Baie Christene sê: “Die predikante en pastore, leiers in die gemeente en hulle wat die gawes van evangelisasie het moet evangeliseer” Ons sal ons tiendes gee – laat hulle die werk doen! Die werklikheid is dat die predikante en pastore gewoonlik reeds so besig is in die gemeente dat hulle nie meer kan doen nie. Die ander leiers en aktiewe lidmate (gewoonlik so 10-20% van die kerkgaande gemeente) werk gewoonlik op meer as een diens of program en kan gewoonlik ook niks meer doen nie.

  32.  Hoe goed voer JOU GEMEENTE (of groep) die Groot Opdrag uit?

  33. -- Dit is duidelik dat die oes rondom ons groot is en dat daar te min mense in die oes werk! -- WAAR GAAN ONS MEER WERKERS KRY OM IN DIE OES UIT TE STUUR?

  34. -- Dit is duidelik dat die oes rondom ons groot is en dat daar te min mense in die oes werk! -- WAAR GAAN ONS MEER WERKERS KRY OM IN DIE OES UIT TE STUUR?

  35. Jesus Christus was by die geboorte van die Christendom oor dieselfde saak bekommerd.

  36. Lees Lukas 10:2-3 2 Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3 Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in.

  37. bid • Sy opdragte is duidelik – eerstens moet ons ____ vir werkers om gestuur te word, maar tweedens moet ons _____! • Ons verstaan die opdrag om te bid (hoewel baie dit nie doen nie), maar baie Christene is onseker oor hoe hulle moet “gaan” en wat hulle daar moet “doen” (indien enigiets). gaan

  38. As jy dit nie reeds doen nie, onderneem NOU om gereeld vir werkers in die oes – in jou gemeenskap en in die wêreld te bid

  39. Sy Groot Opdrag is aan ons almal.

  40. Hoe goed voer JY die Groot Opdrag uit?

  41. - Watter punt uit tien dink jy sou Jesus jou vandag gee: ____. - ʼn Persoon het die gawe van evangelisasie nodig om effektief direkte evangelisasie te kan doen (soos een-tot-een evangelisasie, evangeliste wat veldtogte hou, sendelinge, spanne wat Jesus film wys, huis-tot-huis besoeke). Navorsing in verskillende Ken-jou-gawe tipe kursusse dui daarop dat ongeveer 4% van kerkgangers (die mense wat die kursusse bywoon) die gawe van evangelisasie het. Baie van die 4% is egter nie toegerus om dit te doen nie!

  42. Baie van die 96% wat nie die gawe van direkte evangelisasie het nie, dink hulle kan nie ʼn rol speel as evangeliste nie.

  43. Op die oog af lyk dit of daar geen duidelike bron van baie evangeliste is nie!

  44. Die enigste beskikbare gelowige werkers (wat nie andersins aktief is nie) is: • Daardie 80-90% werklike Christene wat onaktief in hul gemeentes is • Die nie-kerkgaande Christene wat onaktief is • Enige Christen wat die gawe van direkte evangelisasie het, maar dit nie gebruik nie • Enige Christen (die 96%) wat nie die gawe van direkte evangelisasie het nie, en nie weet wat hy/sy kan doen om te help evangeliseer nie

  45. DIE VRAAG IS: HOE GAAN ONS HULLE TOERUS OM EVANGELISTE TE WEES?

  46. Die eerste stap is dat Christene moet besef dat hulle voltyds in diens van die Here is om Sy koninkryk te bevorder. Baie Christene dink nie aan hulself as voltyds geroep deur die Here vir diens in Sy koninkryk nie. Die persepsie is daar dat net die voltydse predikante en pastore voltyds geroep is. Die kerkleierskap en deeltydse posbekleërs is op ʼn bietjie laer vlak, maar die gewone kerklidmaat is net gelowige. Die Skrif ondersteun egter die idee dat alle gelowiges in ʼn voltydse bediening behoort te wees:

  47. Lees Ef. 4:11-12 11 En dit is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. 12 Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.

  48. Wat tref jou die meeste in bogenoemde verse?

  49. Dit is duidelik dat die spesiale ampte of “gawes” die gelowiges (in hul gemeentes en in die markplek) moet toerus vir hulle diens. Wanneer moet die gelowige sy voltydse amp as gelowige uitvoer? Omdat meeste van die gelowiges werk – by die skool, markplek of huis – volg dit dat hulle liefs die bedieningswerk moet doen waar hulle is. Ander bedieningswerk word in die gemeente of in ʼn spesiale program van die gemeente gedoen. Ef. 4:12 maak dit duidelik dat alle Christene voltyds in bedieningswerk is (sonder ʼn aftredingsplan) en behoort toegerus te word om dit te doen.

  50. Jy, as gelowige, is eerstens ʼn voltydse bedienaar van Christus, waar jy ook al beweeg of werk. Tweedens is jy sekretaresse, rekenaartegnikus, bestuurder, skolier, student of tuisteskepper.

More Related