1 / 16

Arbeidsreg – ARR224

Arbeidsreg – ARR224. Lesing 2 Die Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid, 85 of 1993. Voorgeskrewe materiaal. Leer : PHA (Hoofstuk 7 par 7.4-7.8) Lees : PHA (Hoofstuk 7 par 7.1-7.3 & 7.9-7.10) ER (Pp 270-272). http://www.youtube.com/watch?v=EHiayLq6EJA&feature=related.

raoul
Télécharger la présentation

Arbeidsreg – ARR224

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Arbeidsreg – ARR224 Lesing 2 Die Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid, 85 of 1993

  2. Voorgeskrewe materiaal Leer: • PHA (Hoofstuk 7 par 7.4-7.8) Lees: • PHA (Hoofstuk 7 par 7.1-7.3 & 7.9-7.10) • ER (Pp 270-272)

  3. http://www.youtube.com/watch?v=EHiayLq6EJA&feature=related

  4. Leeruitkomste • Bespreek die toepassing van die Wet op Beroepsgesondheid en –veiligheid. • Bespreek die verpligtinge van werkgewers en werknemers ingevolge die Wet. • Verskaf ʼn uiteensetting van die funksies van gesondheid- en veiligheidsverteenwoordigers, gesondheid- en veiligheidskomitees, en inspekteurs.

  5. WOBGV (Inleiding) • Gemeenregtelike reg. Onveilig om in myne te werk. • Lang titel: i)Gesondheid en veiligheid van werknemers; ii)Gesondheid en veiligheid van ander; iii)Adviesraad; iv)Ander aangeleenthede • Verbeteringe van nuwe Wet: • Konsultasie met werknemers voor aanstelling van G&VVT • Gemeenregtelike “redelike sorg” is gekodifiseer • Staat is nie langer van strafbepalinge uitgesluit nie • Deelname van G&VVT in veiligheidsaangeleenthede • Verpligting van werkgewer om van gevare in kennis te stel • Geskrewe gesondheids- en veiligheidsbeleide • Beskerming van publiek

  6. WOBGV (Toepassing) • Meerderheid van werknemers (privaat/openbare/landbou/huishouding). • Uitgesluit: • Myne, mynareas of enige ander werke soos gedefinieer in die Wet op Minerale 50 van 1991. • Sekere vaartuie soos gedefinieer in Handelskeepsvaartwet 57 van 1951. • Die Minister kan uitsluiting van enige of al die bepalings van die Wet toestaan. • Arbeidsmakelaars word nie as werkgewers ingevolge die Wet beskou nie.

  7. WOBGV (Adviesraad vir Beroepsgesondheid en -veiligheid) 20 lede. Hoofinspekteur is voorsitter. Verteenwoordig ook werkgewers en werknemers. • Funksies: • Adviseer Minister rakende beleidsaangeleenthede. • Adviseer Minister rakende beroepsgesondheid en –veiligheid. • Doen navorsing en hou ondersoeke. • Adviseer DvA oor formulering en publikasie van standaarde, spesifikasies ens. • Adviseer DvA oor bevordering van opvoeding en opleiding in beroepsgesondheid en –veiligheid. • Adviseer DvA oor die insameling en verspreiding van inligting. • Stel tegniese komitees daar. • Adviseer DvA oor enige aangeleentheid rakende die uitvoering van Raad se funksies.

  8. WOBGV (Verpligting van werkgewers I) • Voorsien en onderhou veilige werksomgewing sonder risikos. • Voorsien en onderhou veilige werksisteme, toerusting en masjinerie. • Neem redelike stappe om enige gevare uit die weg te ruim/te verminder. • Tref redelike maatreëls vir veiligheid en gesondheid in verband met produksie, prosessering, gebruik, hantering, opberging of vervoer van artikels of stowwe. • Stel vas watter bedreigings bestaan en voorsien voorsorgmaatreëls. • Voorsien inligting, instruksie, opleiding en toesig. • Verseker toesighouding van opgeleide persoon.

  9. WOBGV (Verpligtinge van werkgewers II) • Bedryf onderneming ten einde te verseker dat ander mense nie aan bedreigings blootgestel is nie. • Verseker dat werknemers ingelig is met bedreigings. • Stel G&VVT aan en lig in van insidente. • Lig G&VVT in van inspeksies, ondersoeke of formele ondervragings. • Identifiseer en evalueer die bedreigings verbonde aan gelyste werk. • Rapporteer enige insident waarin persoon sterf, bewusteloos word, ‘n ledemaat verloor of siek word of waar ‘n gevaarlike stof gestort word of waar masjinerie buite beheer is, aan inspekteur. • Vervaardigers wat artikels/stowwe aan werkgewers verskaf, het die volgende verpligtinge: • Verseker dat artikels wat voorsien word veilig en sonder risiko is. • Versker dat persone wat artikels oprig/installeer verseker dat dit veilig en sonder risiko is as dit behoorlik gebruik word.

  10. WOBGV (Verpligtinge van werknemers) • Neem redelike sorg vir gesondheid en veiligheid van homself en ander werkers. • Gee samewerking mbt gesondheids- en veiligheidsaangeleenthede. • Gehoorsaam die gesondheids- en veiligheidsreëls en prosedures. • Rapporteer enige onveilige/ongesonde situasie of gevalle. • Weerhou daarvan om in te meng of misbruik te maak van enige iets wat in die belang van gesondheid en veiligheid voorsien is.

  11. WOBGV (G&VVT I) • Meer as 20 werknemers (na konsultasie met werknemers) stel skriftelik ‘n G&VVT aan. • Minder as 20 werknemers, kan deur Inspekteur beveel word om G&VVT aan te stel. • Winkels en kantore – een G&VVT vir elke 100 werknemers. • Ander werksplekke – een G&VVT vir elke 50 werknemers. • Aanstelling binne 4 maande na inwerkingtreding van Wet, binne 4 maande nadat besigheid begin is of binne 4 maande nadat getal werknemers 20 oorskry het. • Voor aanstelling, konsulteer met werknemers rakende: • Prosedures vir benoeming en verkiesing; • Ampstermyne; • Gevolglike aanwysing van G&VVT. • Geen ooreenkoms = saak verwys vir private arbitrasie. Geen ooreenkoms oor arbitter binne 14 dae = kennisgewing aan President van Nywerheidshof,( ooops, nooit verander in die wet na Arbeidshof nie, derhalwe n lacuna) wie ‘n arbiter sal aanwys. • G&VVT ontvang opleiding en verrig funksies en verpligtinge gedurende normale werksure. • Werkgewer moet fasiliteite, bystand en opleiding voorsien. • G&VVT = geen siviele aanspreeklikheid vir versuim ingevolge Wet nie.

  12. WOBGV (G&VVT II) Funksies van die G&VVT: • Hersien effektiwiteit van gesondheids- en veiligheidsmaatreëls. • Identifiseer potensiële bedreigings en insidente. • Ondersoek oorsake van insidente in samewerking met werkgewer. • Ondersoek klagtes deur werknemers. • Rig vertoë rakende hersiening. • Inspekteer die werkplek, artikels, stowwe, masjinerie en veiligheidstoerusting. • Konsulteer met en vergesel inspekteurs tydens inspeksies. • Bywoning van vergaderings van komitees. • Bywoning van inspeksie van insident. • Bywoning van enige ondersoek/formele ondervraging en inspeksies van dokumente wat deur veiligheidsoudit verkry is.

  13. WOBGV (G&VK) • 2/meer G&VVT = oprigting van een/meer Gesondheids- en Veiligheidskomitees (G&VK). • Werkgewer moet met G&VK konsulteer rakende inisiëring, ontwikkeling, bevordering, onderhouding en hersieningsmaatreëls ten einde gesondheid en veiligheid van alle werknemers te verseker. • Slegs een komitee = al die G&VVT moet lede wees. Meer as een komitee= elke G&VVT moet ‘n lid van ten minste een komitee wees. • Lede skriftelik deur werkgewer aangestel. G&VK kan ook adviserende lede koöpteer. • Ontmoet ten minste een keer in 3 maande. >10% van lede ‘n vergadering versoek, kan inspekteur beveel dat so vergadering gehou moet word. • Die funksies van die G&VK is as volg: • Aanbevelings aan die werkgewer/inspekteur rakende gesondheid en veiligheid. • Bespreek insidente van besering, siekte of dood. • Rekord van alle aanbevelings gemaak.

  14. WOBGV (Inspekteurs I) • Deur Minister aangestel. Algemene funksies: • Betree enige perseel sonder kennisgewing. • Ondervraging van enige persoon op perseel. • Vereis die voorlegging van boeke, rekords of ander dokumente. • Ondersoek en maak afskrifte van bogenoemde. • Vereis verduidelikings van enige inskrywing in bogenoemde. • Beslaglegging van bogenoemde wat as bewysstuk in hofsaak kan dien. • Inspeksie van enige artikel, substansie, stof of masjinerie. • Verwydering van bogenoemde vir ondersoek of analise. • Beveel werkgewers, werknemers of gebruikers om voor hom te verskyn ten einde sy vrae te beantwoord. • Kan deur tolk of lid van SAPD bygestaan word wanneer hy funksies verrig.

  15. WOBGV (Inspekteurs II) Inspekteurs beskik oor die volgende spesiale bevoegdhede: • Verbied werkgewer om gevaarlike handelinge te begin/voort te sit. • Verbied gebruiker van toerusting/masjinerie om dit te gebruik indien dit gevaarlik is. • Kamp gedeelte van werksplek af met bg 2. • Verbied werkgewer om kategorie werknemers toe te laat/te versoek om vir langer as spesifieke tyd aan artikels, stowwe of organismes blootgestel te wees. • Herroep bg verbiedinge indien tevrede. • Spesifiseer stappe vir gesondheid en veiligheid.

  16. WOBGV (Inspekteurs III) Inspekteurs beskik oor die volgende bevoegdhede mbt ondersoeke by die werksplek: • Ondersoek voorval wat tot besering/siekte/dood gelei het. • Hou formele ondersoek na voorval. • Dagvaar persoon om te verskyn en getuienis te lewer. • Vaardig persoon af om getuienis te lei en getuies te ondervra. • Enige belanghebbende kan persoonlik, of deur regsverteenwoordiging, enige getuie by ondersoek ondervra. • Na afhandeling van ondersoek moet ‘n verslag aan die Direkteur van Openbare Vervolging en Hoofinspekteur voorgelê word.

More Related