1 / 76

WELKOM

by ons. WELKOM. Beertjie-uitstalling. Boland Sustersaamtrek 2012. Aangebied tydens ons. Te Worcester. Waarmee hou die Susters hulself deesdae “besig”?.

senona
Télécharger la présentation

WELKOM

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. by ons WELKOM Beertjie-uitstalling

  2. Boland Sustersaamtrek 2012 Aangebiedtydensons Te Worcester

  3. Waarmee hou die Susters hulself deesdae “besig”? • Miskien voel ons soms dat die rol van die vrou in die kerk oor die jare verander het. Maar as ons ’n bietjie dieper kyk, sien ons dat, net soos met die verdwyning van die hoed, eintlik niks verander het nie. Ons geloof bly dieselfde … ons is steeds diep afhanklik van ons Drie-enige God.

  4. Die vroeëreSustersorgansisasie het moontlik in die meestegemeentes “verdwyn” en amperniemandhoumeer “maand-vergaderings-met-’n-spreker” nie, en tog blydit ’n wonderlikevoorregdat die Here onsvrouensnog steeds in sygemeentes en gemeenskappe op baieverskillendemanieregebruikomSyliefdeuittedra.

  5. ’n Wonderlike wisselwerking het begin plaasvind deurdat Sustersaksies deur die hele gemeente ondersteun word en dat die Susters weer deur die Kerkraad en ander komitees/ groepe ingespan word om SAAM te arbei. Die volgende is slegs enkele aksies wat tans in ons Bolandse gemeentes plaasvind:

  6. Agulhas Vanaf 2006 46 Lidmate 6 Dooplidmate 52 Totaal Sluit die volgende dorpe in: Agulhas, Bredasdorp, Gansbaai, Napier, Riviersonderend, Struisbaai, Swellendam en Waenhuiskrans Die Jaareindfunksie word jaarlikssaam met Worcester se Susters in Swellendamgehou.

  7. Agulhas (verv) Samewerking met ander kerverbande: In klein gemeenskappe werk die verskillende kerkgemeenskappe dikwels saam aan projekte. So maak ons nie-bederfbare kositems bymekaar, wat dan deur die NG-Kerk versprei word volgens behoefte. Breiprojek: Items soos bv bedsokkies en kombersies word gebrei en uitgedeel by die ouetehuis 

  8. Bellville Vanaf 1957 488 Lidmate 85 Dooplidmate 573 Totaal Sluit die volgende voorstede in: Bellville, Boston, Goodwood, Monte Vista, Oakdale, Oosterzee, Panorama, Parow, Parowvallei, Plattekloof, Proteavallei, Ruyterwacht, Tygerberg, Vredelust Welgedacht, Welgelegen, Welgemoed

  9. Bellville (verv) Gemeentefunksies: Om die onderlinge band tussen lidmate te versterk en om fondse te help insamel. Teeskink: Sondae word tee bedien en met spesiale geleenthede ook verver-sings (Paas- en Kersuitvoerings, Kerk-vergaderings, begrafnisse, Geloofs-belydenis, ens) Seniors: Lidmate bo 70 word gereeld besoek. Met hul verjaars-dae/siekte ontvang hul ook ’n geskenkie,of wat ookal van toepassing is.

  10. Bellville (verv) Lief en leed: Wyksusters lê besoek in hul wyke af en verleen hulp waar nodig. Russiese Federasie Evange-lisasie-aksie: Een van die susters van die gemeente is ons skakel met die Stigting Friedensstimme in Europa, wat evangelisasie doen in o.a. die mees afgeleë streke in die noorde en ooste van die Russies Federasie. Kinderklere en ander items word hiervoor ingesamel.

  11. Bellville (verv) Skiereiland vir Christus: Dit is die gemeente se evangelisasie-aksie onder jong kinders van verskillende kultuurgroepe uit ’n baie arm gemeenskap in ons buurt, waar die kinders blootgestel word/is aan gesinsgeweld, drank en middel-afhanklikheid, gesinsgeweld, enkel-ouerskap, kindermishandeling, ens. Hul blootstelling aan die Christelike godsdiens is beperk. Een keer per maand kom ’n groepie kinders, via die samewerking van die skoolhoof van die betrokke laerskool. Die ouers vul ’n toestemmingsvorm in.

  12. Bellville (verv) Die kinders word gehaal en weer tuis besorg via vervoer deur ons broeders

  13. Bellville (verv) Met aankoms kry hul verversings

  14. Bellville (verv) Ds doen Bybelstudie

  15. Bellville (verv) Dan volg ’n kreatiwiteitsessie, bv maak van Juwele dosies

  16. Bellville (verv) Hierna kry hul ’n voedsame maaltyd en nagereg

  17. Bellville (verv) En dan kry elkeen ook nog ’n brood om huis toe te neem

  18. Bellville-Oos Vanaf 1972 789 Lidmate 216 Dooplidmate 1005 Totaal Sluit die volgende voorstede in: Bellville-Oos, Brackenfell, Durbanville, Kraaifontein, Kuilsrivier

  19. Bellville-Oos (verv) Sonop: By Sonop, ’n tehuis vir liggaamlike – en verstandelike gestremdes, gee ons vir elkeen 'n persoonlike verjaarsdaggeskenk

  20. Bellville-Oos (verv) Shiloh: Shiloh Synergy is 'n groep projekte in die Wallace-dene en Bloekombos informele gebiede in die Wes Kaap wat poog om blywende en positiewe verandering te bring aan minderbevoorregtes. Voeding vorm ’n belangrike deel van die uitreikaksie en die liefde van God word terselfder-tyd in die aksies aan die mense bedien. Ons gee maandeliks ’n bedrag geld wat vir sending en kos vir kinders gebruik word. Adriaan, die bydrae is vir Shiloh.

  21. Clanwilliam Vanaf 1914 53 Lidmate 9 Dooplidmate 62 Totaal Sluit die volgende dorpe in: Clanwilliam, Calvinia, Citrusdal, Doringbaai, Eedekuil, Elandsbaai, Garies, Lambertsbaai, Lutzville, Redelinghuys, Vredendal

  22. Clanwilliam (verv) Teedrink: Omdat afstande ver is, en mens mekaar nie so dikwels sien nie, word daar moeite gedoen, om as daar ’n geleentheid is, saam te kan kuier rondom ’n lekker koppie tee. Tee en verversings word ook by spesiale geleenthede voorgesit. Ons probeer besoekers en nuwe intrekkers so gou as moontlik te laat tuis voel.

  23. Crossroads From 1988 54 Members 36 Children 90 Total Includes: Khayelitsha, Nyanga, Gugulethu More than a million people live here. There is 1 church for every 1,000 people (2001).

  24. Crossroads (cont) Soup Kitchen: We run a Soup Kitchen. Twice a week the hungry can get a nice helping of soup during the morning.

  25. Crossroads (cont) Soup Kitchen: At the moment we supply some of the food ourselves or use other donations made to the church. We are trying to get the involvement of the community and the shops in the vicinity to help donate ingredients.

  26. Elsiesrivier Vanaf 1972 150 Lidmate 60 Dooplidmate 210 Totaal Sluit die volgende dorpe in: Belhar, Bishopslavis, Bonteheuwel, Blue Downs, Delft, Eersterivier, Elsiesrivier, Parowvallei

  27. Elsiesrivier (verv) Katkisasie: Ons kinders is vir ons belangrik. Ons help met die Katkisasie.

  28. Elsiesrivier (verv) Pretdag vir die jeug: ’n Pretdag vir die jeug verskaf ook groot plesier. Dan word daar gekuier en gespeel, drie-beentjie gehardloop en boontjiesak-resies gehou. En almal is nat na die emmer-resies.

  29. George Vanaf 1966 351 Lidmate 66 Dooplidmate 417 Totaal Sluit die volgende dorpe in: Blanco, Glentana, Haroldsbaai, Hersham, Outeniqua-strand, Victoriabaai, Wildernis Ja, dis ver ! Alhoewel nie by ons Saamtrekstreek ingedeel nie, is hulle ook genooi en twee van hul lidmate het ons Saamtrek in Worcester kom bywoon. Dankie, Anne-marie en Hester!

  30. George (verv) Gemeentefunksies: Die Susters het ’n pragtige kombuis ingerig wat wonderlik funksioneel is as daar funksies gehou word, bv gemeente-etes, skemeronthale, vleisbraaie.

  31. George (verv) Tuine: Daar word groot moeite met die kerk se tuine gedoen en sommige van hierdie funksies se opbrengste word aangewend om die tuine in stand te hou.

  32. Grassy Park Vanaf 1958 119 Lidmate 45 Dooplidmate 164 Totaal Sluit die volgende dorpe in: Cornerstone Park, Grassy Park, Lavender Hill, Mitchell’s Plain, Parkwood, Pelikan Park, Retreat, Steenberg, Strandfontein, Southfield

  33. Grassy Park (verv) Tuinprojek: Die tuinprojek is 'n inisiatief van Selwyn Willemse. Hy werk saam met vrywillegers van die gemeenskap. Dawn, een van die vroue by die Saamtrek, is leier van die projek.  

  34. Grassy Park (verv) Tuinprojek: Die grond waarop die tuin aangeplant is, is die grond waarop die kerk in die toekoms gebou gaan word. Die sukses van die projek het die aandag van die Munisipaliteit getrek en hulle skenk oorweging om aan ons 'n oopstuk grond langs die sentrum te voorsien om die tuinprojek uit te brei. Dan wil ons 'n groentemark vir die mense in die omgewing begin en ook opleiding in tuinbou gee. Skoliere het alreeds die projek gekies as hulle gemeenskapsprojek vir hul take by die skool. Die gemeenskapskoerant, Plainsman, het 'n berig oor die tuinprojek geskryf.

  35. Grassy Park (verv) Groente vir sopkombuis: Die groente word gebruik vir die sopkombuis wat op Donderdae by die sentrum in Mitchell's Plain is. Groente word ook vir die gemeenskap voorsien.

  36. Grassy Park (verv) Rekenaarprogramme: Geakkrediteerde Rekenaargeletterdheids-programme van die Stellenbosch Computer Academy word ook gratis aan lede van die gemeenskap aangebied.

  37. Hermanus Vanaf 2000 116 Lidmate 16 Dooplidmate 132 Totaal Sluit die volgende dorpe in: Hermanus, Gansbaai, De Kelders, Pearly Beach, Stanford

  38. Hermanus (verv) Snuffelmark: Ons hou Snuffelmark. Alle klere en huishoudelike items wat oorbly, skenk ons aan Hermanus Hospice.

  39. Hermanus (verv) Hospice: Behandeling in die Hospice is gratis en die Hospice is hoofsaaklik afhanklik van donasies, nalatings en die inkomste van hul winkel, om hul te help finansier.

  40. Kaapstad Vanaf 1923 151 Lidmate 29 Dooplidmate 180 Totaal Sluit die volgende streke in: Kaapse Skiereiland: Vanaf Melkbos tot Kaappunt en ook Robbeneiland

  41. Kaapstad (verv) Her-toewyding aan die Here: Twee maal per jaar het ons ’n projek waar ons, ons her-toewy aan ons verhouding met die Here - die preke, katkisasie en groepsgesprekke deur die week is dan om ’n spesifieke tema gebou. Dié jaar is dit die gelykenis van die "verlore seuns". Dit dien as projek waar ons ook mense van buite (wat sou wou), nooi om vir die tyd deel te word van groeps-gesprekke. Here, watwil U hêmoetekdoen?

  42. Kaapstad (verv) Warm harte, Geblikte liefde: Onbederfbare kos, warm slaapgoed en klere word na die gemeente in Crossroads geneem. Slaapsakke: Lae koerante word oorgetrek met plastiek en aanme-kaar geplak met "duct tape". Dit word uitgedeel aan mense wat in die winter op straat slaap.

  43. Kleinmond Vanaf 2006 86 Lidmate 9 Dooplidmate 95 Totaal Sluit die volgende dorpe in: Bettysbaai, Botrivier, Caledon, Klienmond, Pringlebaai, Rooi-Els

  44. Kleinmond (verv) Blikkieskosprojek: Blikkieskos word in samewerking met die NG-kerk bymekaar gemaak. Dit word deur die NG-kerk in die gemeenskap na behoefte versprei.

  45. Kleinmond (verv) Fynboskombuis: Dis ook ’n projek wat in same-werking met die NG-kerk plaasvind. Hulle maak bestanddele bymkaar en maak die etes. Ons maak toebroodjies. Twee lidmate gaan help ook weekliks om die kos by ’n sentrale punt te gaan uitdeel.

  46. Kleinmond (verv) Siyabulela Kleuterskool: Na gelang van behoefte word finansiële of ander bydraes gemaak, bv die maak en gee van Fleece kombersies.

  47. Kleinmond (verv) Kogelpark Ver-sorgingspark: Vroeër het ons ’n middagtee aangebied, maar daar bestaan nou ’n groter behoefte aan “kuier” – dus gaan lê ons besoek af by die inwoners van die Versorgingspark. Hoe gaandit?

  48. Paarl Vanaf 1963 133 Lidmate 12 Dooplidmate 145 Totaal Sluit die volgende dorpe in: Paarl, Franschhoek, Hermon, Klapmuts, Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg, Porterville, Ribeeck-Kasteel, Riebeeck-Wes, Saron, Tulbagh, Wellington

  49. Paarl (verv) Toebroodjie-projek: Danny Arendse, ’n oud-bendelid, het in samewerking met die verskillende kerkgemeenskappe ’n voedingskema by die Laerskool Drakenstein begin. ’n Bybelse boodskap word gegee.

  50. Paarl (verv) Toebroodjie-projek: Elke dag word daar toebroodjies vir ongeveer 200 kinders van die skool en gemeenskap uitgedeel. Ons neem ook maandeliks deel aan hierdie projek. Kerspartytjie: En in Desember word daar kers-partytjie gehou.

More Related