1 / 22

3 Rooi Robotte

3 Rooi Robotte. Dit sê vir jou: Hou stil. Want ry jy deur die rooi lig, kan iets ontsettends jou tref. Dit kan jou einde beteken. En net so het Christus hier aan die einde van die eeue 3 Rooi Robotte op ons pad laat aanbring, met die waarskuwing

wilhelmina
Télécharger la présentation

3 Rooi Robotte

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. 3 RooiRobotte Dit sê vir jou: Hou stil. Want ry jy deur die rooi lig, kan iets ontsettends jou tref. Dit kan jou einde beteken. En net so het Christus hier aan die einde van die eeue 3 Rooi Robotte op ons pad laat aanbring, met die waarskuwing van die hemel dat ons nie deur hulle moet ry nie. ANDERS TREF DIE OORDEEL VAN GOD ONS. Jy moet van hierdie gevare op die pad bewus gemaak word. Die Drie Rooi Robotte brand reeds en binnekort sal die wêreld finaal deur die derde een jaag. 1. God se waarskuwingsaan die wêreldspruit uit die onheilspellende program van die antichrisvirhierdietyd. Wat is dieantichris se planne ? Op. 13:7,8 “Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.. En AL die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie In die boek van die lewe geskrywe is nie.” (Hulle name is nie in die boek van die lewe geskrywe nie, omdat dit hulle eie keuse en besluit is ! )

  2. Antw:Die antichris gaan volgens hierdie skriftuurplaas ‘n vreeslike oorlog teen die kinders van God op aarde ontketen .Hy het sy program haarfyn beplan. Hy staan onder die direkte mag van die draak. (Die Satan) Hoe weet ons die draak is die satan ? Want die Bybel sê so ! Op. 12:9 “En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word die duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.” Op.13:4 “En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk .Wie kan teen hom oorlog voer ?” Hy mobiliseer die hele wêreld onder sy banier teen hulle wat hulle teen sy mag verset. En dan verklaar die antichris sy oorlog. Hy rig sy ultimatum teen God vir die laaste beslissende stryd op aarde. En Al die bewoners van die aarde sal daarin betrokke wees.

  3. 2. Wat is die klimaks van die Antichris se program ? “Op. 13:16,17 :En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes…..’n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word, sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk ……van die dier het.” Antw: Almal op aarde moet die naam van die antichris op sy voorhoof en op sy hand ontvang, anders….anders volg daar ‘n wêreldwye boikot, sodat jy moet sterf van honger. En sterf jy nie van honger nie, moet jy doodgemaak word (vers 15). Die kinders van God gaan die hele wêreld teen hulle sien opruk om hulle met een slag van die aarde te verdelg. ( Die merkvan die dier is NIE ‘n elktroniese Microscip soos hulle die mense wil laat glo nie. Die Here Het gesê dat Sy kinders ‘n sekere TEKEN of MERK sal hê waaraan hulle uitgeken sal word.Die antichris is so verwaand en het dieselfde merk net omgekeer en hy sê dit is sy merk en bewys van gesag, Weet JY wat dit is ?

  4. 3. Sal die antichris in sydoelslaag ? Op.14:1-3 “En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd-vier-en-veertig-duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe……..En hulle het ‘n nuwe lied gesing……” (die meeste dinge in die Bybel is GEWOONLIK LETTERLIK – daar is ‘n paar uitsonderings – ‘n verdere studie op die gebied sal wys dat die getal 144 000 nie ‘n letterlike getal is nie, maar deel van ‘n beskrywing vorm, daar sal dus meer as 144 000 kinders van die Here wees.) Antw: Die antichris al AMPER in sy doel slaag. Maar net na Openb.13 sien Johannes hierdie oorwinnaars by God in die hemel., en hulle sing ‘n lied van oorwinning.In Op. 14 praat dit van hierdie oorwinnaars wat nie die naam van die dier op hulle voorhoofde gaan hê nie, maar die Naam van God. Jy sal egter vra: maar is dit net so ‘n paar wat finaal gered gaan word ? God gee ons die antwoord hierop: Op.7:9 “Kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale: hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke In hulle hande.”

  5. 4. Die satan sal nie in sy doel slaag nie, want ook God het Sy antwoord op die aanslag van die antichris teen Gods kinders, God het Sy eie program vir hierdie laaste uur. Op.7:1,2,3 “En na hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie. En ek het ‘n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God, en hy het met ‘n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig, en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.” Antw: Die antichris verklaar oorlog teen God. God stuur engele om die OORLOGSWINDE( Op 7:1-3 ) vas te hou totdat Sy volk verseël is met Sy seël. Hulle is Sy gehoorsame kinders wat weier om die merkteken van die antichris te ontvang. Sodra hulle verseël is, bars die laaste stryd los, en dit eindig in Armegeddon., die eindstryd van die wêreld.

  6. 5. Hoe weet die engel met die seël van die lewende God, wie die diensknegte van God is wat verseël moet word ? Op.14:4,5 “Dit is hulle wat hulleself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein, dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; Dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam. En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van God.” Antw: In Openbaring 17, 18 en 19 word die antichris uitgebeeld as ‘n pragtige hoer wat die hele wêreld dronk maak met die wyn van haar hoerery. Haar naam is Babilon. In Openb. 18:4 lees ons dat die laaste roepstem van God uit die hemel is vir Sy volk, wat nog in Babilon is, om daaruit te kom, want die oordeelsdag vir die hoer, Babilon is ophande. ‘n Maagd stel die rein kerk van Christus voor (2 Kor. 11:2). ‘n Hoer stel ‘n afvallige kerk voor. (Eseg. 23). Die hoer van Openbaring het ook dogters (Op. 17:5) – sy word die moeder van die hoere genoem. Sy en haar dogters is Babilon. Gods kinders word uit Babilon uitgeroep, uit elke Vals kerk. Die oorwinnaars is “Maagdelik rein.” Hulle het hulleself nie met die hoer besoedel nie.

  7. 6. Watter boodskap roep die kinders van God uit Babilon uit ? Op.14 :6-11 “En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle stamme en tale en volke. En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom, en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het. En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die grimmigheid van haar hoerery.En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie – hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.”

  8. Antw: “Hierdie is die laasteboodskap van God aan die wêreld. Dit is sy ultimatum aan die antichris en aan ALMAL WAT HULLESELF ONDER DIE BANIER VAN DIE ANTICHRIS SKAAR. Ditbetekenfeitlik die helewêreld. (“En die helewêreld het verwonderdagter die dieraangegaan.” Op.13:3) Op.17:15 “En hysêvir my: die waters watjygesien het, waar die hoer op sit, is VOLKE EN MENIGTES EN NASIES EN TALE.” Waar die antichrisglobaaloptreemoethierdiedrievoudigeboodskap van die hemelookglobaalopklink.Dit is ‘n SPESIALE BOODSKAP, SoosNoag ‘n spesialeboodskapvirsytyd en uurgehad het. Dit is in werklikheid DIE DRIE LAASTE ROOI ROBOTTE VAN GOD OP DIE PAD, VOOR DIE ANTICHRIS DIE WêRELD MET HOMSELF OOR DIE LAASTE AFGROND STUUR. As jydeurdaardie Robottegaan, tref DIE OORDELE VAN GOD JOU. Want dan Maakjyoorlog met God, of jyditweet en of jynieweetnie.

  9. 7. Watgebeur as jydeur die EersteRooi Robot gaan ? Open. 11:18 “En die nasies was vertoorn, en u toorn het gekom en die tyd van dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om vir die verderwers van die aarde te verderf.” Antw: Vrees God. As jyHomnienouvreesnie, gaanjyHomvreeswanneer Dittelaatis.Almalsaldanvir die bergeuitroep: “Val op ons en verbergons virdie aangesig van Homwat op die troon sit, en van die toorn van die Lam; want die groot dag van sytoorn het gekom, en wiekanbestaan ?”Op.6:16,17 Vrees God nou, en vreesgeenmens of duiwel of antichrisnie. Vrees God en doenwatHyjouvraomtedoen. So gee jyHomheerlikheid. Aanbid God, terwyl die helewêreldverwonderdagter die antichrisaangaan en homaanbid. (Op.13:3,4) Aanbid die Skepper-God. Dit is Jesus (Joh. 1, Kol.1, Heb.1) Aanbid God op Syskeppingsabbat, dit is op die sewende dag van die week, Saterdag. Kyk in Die BlyeBoodskapvertaling. Mark 15:42 (Dit was Vrydag, die dag voor die sabbatdag.”

  10. Indien ons deur hierdie Rooi Robot van God ry, ry ons tromp-op teen die oordeel van God vas. 8. Wat gebeur as ons deur die tweede Robot gaan ? Op.14:8 “En ‘n anderengel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon die grootstad, omdatsy al die nasieslaat drink het van die wyn van die grimmigheid van haarhoerery. Op.17:2,4,5,8 “Met wie die konings(regerings) van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde dronk geword het van die wyn van haar hoerery.” “En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en met kosbare stene en pêrels , en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery; en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.” “Die dier wat jy gesien het, was en is nie en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar: en die bewoners van die aarde, wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af geskrywe is in die boek van die lewe nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.”

  11. Antw: Ry jy deur hierdie robot, word jy in Babilon deur God betrap. Dan is dit verby met jou.Dan het jy God se roepstem om uit Babilon te vlug geignoreer. Jy het gedink jy kan met God se boodskap speel. Jy het soos Lot se kinders in Sodom gedink jy kan die drie engele se oordeelsboodskap ligtelik opneem. Totdat die vuur uit die hemel neerdaal. Totdat Babilon se pilare kraak en sy donderend ineenstort en jy saam met miljoene in haar sterf. 9. Want gebeur as ons deur die laaste Rooi Robot ry ? Op.14:9-11 “En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê” As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuut en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.En die rook van hulle pyninging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie – hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.”

  12. Toe gaan die eersteeenweg en gooisyskaal op die aardeuit, en kwaai en boseswere het aan die mensegekomwat die merk van die diergehad het en sybeeldaanbid het.” (LEES DIE HELE OP. 16) Antw: As jydeurhierdieRobotry, het jyonherroepelik, nie die naam van God nie, maar die naam van die antichris op jouingebrand. En dan ? Eerstens word jy getref met kwaai en boseswerewatniemandkangeneesnie: Tweedensmoet jyondervind hoe die see in bloedverander met die allervreeslikstegevolge: Derdens: verander al joudrinkwater in bloed; vierdens: brand die son sooshel op die aardeneer; vyfdens: oordek so ‘n duisternis die antichris se rykdathulle hulletongekou van pyn, sesdens: neemgeeste van duiwels die helewêreld gevange “omhulleteversamelvir die oorlog van daardiegroot dag van die almagtige God.” (Op.16:4) en laastens: bliksem- strale en donderbuie en stukkeyswatneerreën en aardbewings en dan VERSKYN JESUS op die wolke van die hemel in grootkrag en heerlikheid, en al die verlorenes besefhulle het hulle teen God begeef in die stryd. Dis Armageddon. Dis die laasteoorlog. Dis die oordeelsdag !

  13. 10. Wat is die uitslag van hierdie oorlog ? Op.19:19:21 “En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër. En die dier is gevangene geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hulle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend Is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees.” Op.19: 6,7 “En ek het iets gehoor soos die stem van ‘n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja ! Want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar. Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.”

  14. Antw: Vir die kinders van God wat hierdie boodskap gehoorsaam, wag daar ewige bevryding en die heerlikheid hiervan. Diegene wat die Robotte geignoreer het, word deur die swaard verteer, word deur Gods asem verdelg en deur die verskyning van Jesus se wederkoms tot niet gemaak. Jer. 25:33 “En die wat deur die Here verslaan is, sal die dag lê van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde; hulle sal nie beklaag of versamel of begrawe word nie; hulle sal mis op die aarde wees.” 2 Thes 2:8 “En dan sal die ongeregtige geopenbaar word, Hy wat die Here met die asem Van sy mond sal verdelg en Deur die verskyning van sy Wederkoms, tot niet sal maak.” 11. Hoe kan ons hulle uitken wat hierdie boodskap gehoorsaam is ? Op.14:12 “Hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.” Op. 12:17 “En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.”

  15. Psalm 146:3 “Vertrounie op prinse, op die mensekind, by wiegeenheil is nie.” Psalm 118:8 “Dit is beterom by die Here teskuil as om op mensetevertrou.” Jes. 2;22 “Laatstaan tog die menswie se asem in syneus is, want hoe min is hywerd.” Antw: Hierdietekste is deur God aanonsgegeesodat onssekerkanweeswie die bruid van Jesus salwees watuit BABILON gekom het omsylaastekerk aardetewees.Hier is hulle. Hulle het hulle nie met valsegodsdienstebesoedelnie. Hullevolg die Lam. As Sy stem spreek, is ditbelangriker as die stem van ENIGE mens op aarde, hetsypous, prelaat,priester, predikant, pastoor, ouderling, dienskneg, apostel, konsilie, kategismus – God se stem bokant ALLE ANDER STEMME van mense.

  16. 12. Wat is die kenmerke van God se laastekerk ? • Antw: In Opb.14;12 en Opb. 12:17 sê God virons: • Geloof in Jesus as Seun van God, as God by God, as God by die mense • (Emmanuel), as enigsteVerlosser, as enigstepriester, as enigstemiddelaar, • met wie die mensbeklee word by die bad van wedergeboorte, naamlik die • onderdompelingsdoop; as komendeKoningwatsigbaar, hoorbaar, persoonlik • na die aardegaanterugkeer met die slag van Armageddon. • 2. Gehoorsaamheidaan die gebooie van God – al tien. Niesoos Rome, 8 ge- • booie plus Sondagvieringnie, niesoos die Protestantsewêreld 9 gebooie plus • Sondagsvieringwatneerkom op ‘n verminkte wet van God nie. Nee, gehoor- • saamheidaan AL tien • gebooie van Gods • heilige en volmaakte • wet (Rom.7:12) . Hoekom is daar so baiemening- • verskilleaangaande DIE WET VAN • GOD ? OMDAT DIE SATAN DIT • UITGEKIES HET AS DIE LAASTE SLAG- • VELD TUSSEN LIG EN DUISTERNIS, • TUSSEN GEHOORSAAMHEID AAN • Gods gebooie en gehoorsaamheid • aan ‘n menslikegebod.

  17. 13.Wat Volg op die Drie Engele Boodskap ? Op.14:14-16 “En ek het gesien , en kyk, daar was ‘n wit wolk en een soos ‘n Menseseun wat op die wolk sit, met ‘n goue kroon op sy hoof en in sy hand ‘n skerp sekel. En ‘n ander engel het uit die tempel gekom en met ‘n ‘n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het. En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai.” Antw: Die koms van Jesus. Die oesdag. Die verbranding van die onkruid. Die skeiding tussen die skape en die bokke. Matt.24:30,31 – “En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.”

  18. Die goddeloseswatdeur die robottegegaan het, sterf by Jesus se koms. Daarblynieeenoornie. “Ek het na die aardegekyk, en dit was woes en leeg; ookna die hemel, en sylig was daarnie.” “Ek het gekyk, en daar was geenmensnie.” Jer.4:23,25 “….in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam is nie. 2 Thes.1:7, 8. 13. Brand al drie God se Rooi Robotte oor die hele wêreld ? Op.14;6 “En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug SIEN VLIEG met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan ale nasie en stamme en tale en volke.” Op.18:1,2 “En na hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid. En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê:

  19. “Geval, geval het die grootBabilon, en dit het geword die woonplek van allerhandeonreringeeste en die versamelplek van allerhandeonreine en haatlikevoëls.” Antw: Die robotte brand as waarskuwing in ALLE dele van die wêreld. Elke menssalbinnekortsykeusegemaak het !Aanbid God of aanbid die antichris, vluguitBabilon of bly in Babilon; ontvang die sëel van God of kry die merk- teken van die antichris. Dan kom die eindgebeure. Die antichris het reeds begin met sylaasteopmars, dwarsdeur die drierooirobottevabn God, en die helewêreldaanbidhom en volgverwonderdagterhomaan.. Vreeslik Is ditomteval in die handevan die LEWENDE God. VREESLIKIS DIT ! Ontsettendgaan die toneleweeswathulle in die laasteuregaanafspeel. Nieeenmenssalbloot ‘n toeskouerkanweesnie. Onsgaan of deur die drierooirobottesaam met die antichris, of ons gaandeel van die kerk van God weeswat die geloof in Jesus en die gebooie van God bewaar al word wat teen onsbeplan. Vlug haastig weg uit Babilon ! - Vlug ! Of anders sal jy sterf.

  20. Dis God se woord en nie die stem van enige aardse mens nie. Vlug haastig, kinders van God, vlug uit, of in Babilon se verderf sal ook JY betrap word ! En luister tog - dis God se wens dat jy in daardie uur alleen sal sien hoe Babilon vertgaan. Maar dat jy veilig moet wees.Besluit dus nou: Op Sion wil jy staan. . : Maar dan roep God jou nou. Vlug haastig uit die gedoemde Babilon uit.! Is hierdie moontlik van jou denkvrae ? • Is die boek Openb. dan nie ‘n “verborge” boek met niemand wat regtig weet • wat dit beteken nie ? Antw: OP.1:1,3 “Die openbarig van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat GOU MOET GEBEUR…. Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.”

  21. Ander uitleêrs sê die vrou Babilon is die wêreld, die vyand van Gods kerk.Hoe kan ‘n mens seker wees ‘n vrou staan vir ‘n kerk in Bybelse simboliek ? Antw: En ons het die profetiese woord wat BAIE VAS is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn…..terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie ‘n saak van EIE UITLEGGING is nie. (2 Pet. 1:19,20) Die Bybel moet die Bybel verklaar, en in die Bybel stel’n vrou die kerk van God voor. Lees 2 Kor. 11:2, Ef. 5:22; Hosea 2:18,19 - en ‘n hoer ‘n afvallige kerk. Die kerk van God wat klaarmaak vir Jesus se koms, is die bruid wat wag op haar Bruidegom. So eenvoudig is simbole in die Bybel. Ons eie vertolking van simbole is van nul en gener waarde. Is die twee diere van Opb. 13 simbole ? Wat dan van die BEELD van die dier en die MERKTEKEN van die dier – is dit letterlik of simbolies ? Antw: Uit die Bybel is dit duidelik dat die dier, sy beeld en sy merkteken alles simbole is, maar simbole wat ons kan verstaan !

  22. Hoe kan hierdie drie spesiale boodskappe voor die einde van die wêreld aan die hele wêreld gebring word ? Antw: Deur die genade van God en die krag van die Heilige Gees word hierdie boodskappe reeds sedert die vorige eeu verkondig en het dit na alle nasies en stamme en tale en volke gegaan. Hoe kan ‘n klein groepie mense reg wees en die res verkeerd ? Antw: Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie.Eks. 23:2 Lees ook Jesus se voorspelling in Mat. 24: 37-39 Is hierdie boodskap werklik van baie groot erns ? Antw; Daar is op hierdie aarde niks meer ernstigs nie. Op. 22:12 “En kyk, Ek kom gouy en my loon Is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.” As my kerk of my familie en vriende die drie rooi robotte verontagsaam, wat staan my te doen ? Jy kan deurry en saam met hulle sterf , (Terwyl jy vir ewig verlore is) of jy kan deur jou gehoorsaamheid hulle help om ook te gehoorsaam en gereed te wees vir Jesus se Spoedige koms. Alta Strydom Geneem uit: Verbasende Feite (SDA)

More Related