1 / 21

God nooi ons uit en ons kom tot rus

God nooi ons uit en ons kom tot rus. V: Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. G: Ons glo in die goedheid van God. Ons glo God voorsien alles wat vir ons goed is. V: Hy laat my rus in groen weivelde.

kiele
Télécharger la présentation

God nooi ons uit en ons kom tot rus

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. God nooi ons uit en ons kom tot rus V: Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. G: Ons glo in die goedheid van God. Ons glo God voorsien alles wat vir ons goed is. V: Hy laat my rus in groen weivelde. G: Ons glo dat Jesus Christus die Goeie Herder is. Ons vind rus in Jesus se lewe en in sy liefde wat aan ons bedien word. Ons voedsel is om Hom te gehoorsaam.

  2. V: Hy bring my by waters waar daar vrede is. G: Ons glo dat die Heilige Gees vrede bring. Ons les ons dors in die vergifnis van ons sondes. V: Hy gee my nuwe krag. G: Ons lewe word van dag tot dag deur Christus in gemeenskap met die Gees aan die Vader gewy. In Hom het ons die ewige lewe.

  3. Ons word stil V: Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. G: U laat ons volhard in die leer van die apostels; U laat ons volhard in die breek van die brood; U laat ons volhard in gebede. V: Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my.

  4. G: Ons word gedra deur u wonders en tekens. Soos U ons liefhet en beskerm, het ons mekaar lief. U laat ons ons besittings deel met ander in nood. V: In u hande is ek veilig. Daarom eet ons ons voedsel met blydskap en ontvang u gawes met eenvoud van hart. Ons prys U. U maak u kudde steeds bymekaar.

  5. God praat met ons en ons luister

  6. Johannes 10:1-11 1 "Dít verseker Ek julle: Wie nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie maar van 'n ander kant af inklim, is 'n dief en 'n rower. 2 Maar hy wat deur die hek ingaan, is die skape se herder; 3 vir hom maak die hekwagter oop. Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit. 4 Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. 5 Hulle sal nooit 'n vreemde volg nie maar van hom af weghardloop, omdat hulle nie die stem van vreemdes ken nie.”

  7. 6 Deur hierdie beeld het Jesus met hulle gepraat, maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy vir hulle wou sê nie. 7 Toe het Jesus verder gesê: "Dít verseker Ek julle: Ek is die ingang vir die skape. 8 Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. 9 Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry. 10 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. 11 "Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape".

  8. Familie-oomblik

  9. Volg die goeie herder!

  10. Selfsugtige leierskap

  11. Nuwe herdersgemeenskap

  12. Onderlinge sorg

  13. God stuur ons om te leef • Bid vir: • Verkiesing • Mense met MIV/Vigs • Herdersgemeenskap

  14. V: Die Here sal julle seën en julle beskerm. G: U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly; V: die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; G: en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. V: Die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! G: Amen.

  15. Volgende erediens 22 Mei Handelinge 7:55 – 60

More Related