1 / 17

Die Verloopfases van die Tegnologiese Proses

Die Verloopfases van die Tegnologiese Proses. 10 Stappe van die Tegnologiese Proses. PROBLEEMSTELLING ONTWERPVOORLIGTING ONDERSOEK VOORLEGGING AANVANKLIKE IDEES NAVORSING ONTWIKKELING VAN DIE GEKOSE IDEE BEPLANNING MAAK/VERVAARDIGING TOETS, EVALUERING EN VERBETERING.

Télécharger la présentation

Die Verloopfases van die Tegnologiese Proses

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Die Verloopfases van die TegnologieseProses

  2. 10 Stappevan die TegnologieseProses • PROBLEEMSTELLING • ONTWERPVOORLIGTING • ONDERSOEK • VOORLEGGING • AANVANKLIKE IDEES • NAVORSING • ONTWIKKELING VAN DIE GEKOSE IDEE • BEPLANNING • MAAK/VERVAARDIGING • TOETS, EVALUERING EN VERBETERING

  3. PROBLEEMSTELLING • Tydens hierdie fase moet die tegnoloog (die leerders in die tegnologieklaskamer) die probleemof behoefte identifiseer waarvoor daar ʼn oplossing gevind moet word. • Dit word gewoonlik in ʼn enkele sin of twee as ʼn probleemstelling verwoord.

  4. ONTWERPVOORLIGTING • As die tegnoloog weet wat die probleem of behoefte is waarvoor daar ʼn oplossing gevind moet word, kan die tegnoloog in samewerking met die kliënt (wat die probleem ondervind of behoefte ervaar) ʼn ontwerpvoorligting formuleer. • Dit is tipies een of twee sinne wat breedweg aandui wat ontwerp behoort te word ten einde die probleem op te los of behoefte te bevredig.

  5. In sekere gevalle sou die kliënt dit direk aan die tegnoloog kon kommunikeer

  6. ONDERSOEK • Noudat die tegnoloog weet wat die probleem of behoefte is, en watter produk breedweg as moontlike oplossing versamel word. Daar sou ondersoek ingestel kon word na bestaande produkte of aspekte daarvan wat as moontlike oplossings kon dien. • Die beskikbaarheid en bekostigbaarheid van geskikte materiaal waaruit die produk gemaak kan word, kan vasgestel word.

  7. VOORLEGGING • Tydens die voorleggingsfase kry die tegnoloog geleentheid om sy tentatiewe oplossing met die kliënt te bespreek. • Dit bied ook geleentheid om te kontroleer of die probleem korrek geïdentifiseer en geïnterpreteer is.

  8. Die kliënt moet min of meer ʼn aanduiding kry van die produk wat voorsien word, die spesifikasies daarvan (afmetings, ens), en ʼn tydraamwerk hoe lank dit sal neem om te voltooi.

  9. AANVANKLIKE IDEES • Sodra die kliënttevredemet die rigting is wat die tegnoloogwilinslaan, kan die tegnoloog begin omideesdaarrondomteontwikkel. • Tydenshierdiekreatiewefaseplaas die tegnoloogsy/haaridees op papierby wyse van vryhandsketse • Deurmiddel van kritieseanalise word die verskillendeideesten opsigte van hullevoor- en nadeleteenoormekaaropgeweeg

  10. Uiteindelik kies die tegnoloog een idée wat verder ontwikkel sou kon word.

  11. NAVORSING • Dikwels is daar enkele aspekte van die gekose idée wat problematies is in die sin dat die tegnoloog onseker is hoe om dit te hanteer. • Ten einde antwoorde vir hierdie problematiese aspekte te vind, is navorsing daaroor nodig • Navorsing impliseer ʼn meer indringende en gerigte soektog na inligting as die aanvanklike ondersoek.

  12. Navorsing word gedoen om probleem op te los en om vrae met betrekking tot die problematiese aspekte van die gekose idée te beantwoord ten einde dit tot ʼn werkbare oplossing te ontwikkel.

  13. ONTWIKKELING VAN DIE GEKOSE IDEE • Die resultate van die navorsing gee aanleiding tot die ontwikkeling en verfyning van die problematiese aspekte van die gekose idée. • ʼn Finale idée kry gestalte wanneer al die problematiese aspekte van die gekose idée uitgestryk is.

  14. BEPLANNING • Sodra die finale idée ontwikkel is, kan daar vir die maak van die produk beplan word. Tydens die beplanningsfase word ʼn werkstekening(volgens skaal en met afmetings) met behulp van tekengereedskap geteken. •  ʼn Lys van al die onderdele van die produk, die groottes daarvan, en die materiaal waarvan dit gemaak moet word, word saamgestel.

  15. ʼn Lys met die gereedskap wat benodig word, word ook opgestel. • Die volgorde van die stappe waarin die produk gemaak gaan word, word op ʼn vloeidiagramaangedui. ʼn Tydskedule word ook opgestel.

  16. MAAK/VERVAARDIGING • Tydens die maakfase word daar uitvoering aan die voorafgaande beplanning gegee. Die produk wat gemaak word, moet in ooreenstemming met die werkstekening wees.

  17. TOETS, EVALUERING EN VERBETERING • Toetsing is ʼn belangrikedeel van ontwerp. Dit dui aan of die oplossingwerken indienwel, hoe goedditwerk. • Die funksionering van die produkkangetoets word (of ditwerk of nie) of herhaaldeliketoetsekannodigweesombetroubaarheidtepeil. As resultaat van die toetsing van die produk, magditnodigweesomverdereontwerpwerktedoenomditteverbeter, of selfsom die produkteherontwerp.

More Related