1 / 16

Die hardloper Ernst van Heerden

Die hardloper Ernst van Heerden. Strofe een / eerste strofe. Met wilde maar met suiwer hart (with wild but pure heart) het hy die woeste wedren fel begin, (he started the fierce/tough race determinedly) en elke myl met rappe voet getart, (and he challenged every mile with fast feet)

melba
Télécharger la présentation

Die hardloper Ernst van Heerden

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Die hardloper Ernst van Heerden

  2. Strofe een / eerste strofe • Met wilde maar met suiwer hart • (with wild but pure heart) • het hy die woeste wedren fel begin, • (he started the fierce/tough race determinedly) • en elke myl met rappe voet getart, • (and he challenged every mile with fast feet) • hy sou die vlugste lopers nog oorwin. • (he would still beat the fastest runners)

  3. Tweede strofe / strofe twee • Sy hart het hoog geklop, sy bloed was heet, • (his heart beat fast, his blood was hot) • die winde het sy haregolf gelig; • (the winds lifted his wavy hair) • met snelle draf het hy die baan gemeet, • (while running fast, he measured himself against the track) • die vreug van spierkrag was op sy gesig. • (the enjoyment of muscle power was seen on his face)

  4. Strofe drie / derde strofe • Hy het geloop met stormdrang in sy bloed, • (He ran with adrenalin in his blood) • sy ademstoot ‘n hete windgejaag, • (his breathing was a hot chasing after wind/oxygen) • die see se branding in sy strenge moed, • (the sea’s waves was his determination) • toe hoor hy reeds die donker, bitter vraag: • (then already he heard the dark, bitter question:)

  5. Strofe vier / vierde strofe • Wie is hierdie ongesiene makker in die loop, • (Who is this unseen teammate in the race) • van wie die voet langs syne en die wind • (whose foot falls next to him and the wind) • van asem agter hom, van wie die hoop • (of his breathing behind him? whose hope) • dat nog ‘n bors die dun wit lint mag vind? • ( lies that another chest will find the thin white ribbon?)

  6. Strofe vyf / vyfde strofe • Die vreemde spanmaat het hy nie geken, • (He did not know this unknown teammate) • nooit hardloop hy weer sonder pyn of vrees; • (never again will he run without pain or fear) • hy weet al het hy nou die loop gewen, • (he knows that although he won the race today) • die ander man sal eendag eerste wees. • (the other man will someday be first)

  7. Verklarings: • Reël 1: die hardloper is opgewonde oor die kompetisie. Hy is toegewyd. Sy hart is “suiwer” want hy weet hy het hard geoefen en dat hy kan wen. • Reël 2: “Woeste” sê dat dit nie ‘n maklike wedstryd gaan wees nie; daarom gaan hy voluit hardloop “fel” • Reël 3: Dit was ‘n langafstand-wedloop “myl”

  8. Reël 4: Hy weet hy kan wen • Reël 5: A.g.v. die inspanning klop sy hart vinnig en druis sy bloed warm deur sy are. • Reël 6: “Winde” = hy het vinnig / met spoed gehardloop of daar was ‘n ligte bries wat gewaai het. • Reël 7: Hardloop vinnig, maar beplan sy wedloop. • Reël 8: Geniet dit! Bewus van die krag van sy fikse liggaam. • Reël 9: Voel die adrenalien pomp.

  9. Reël 10: Sy asemhaling versnel en voel warm • Reël 11: Vaagweg bewus van ‘n gedruis in sy ore (klank van die see – miskien 2 Oceans) en • “strenge gemoed” verwys na sy vasberadenheid en toewyding om die wedloop te wen. • Reël 12: WENDING = “TOE” Sy gedagtes word nou negatief (“donker” en “Bitter”) en dit maak hom senuweeagtig en angstig.

  10. Reël 13: Word bewus van ‘n ander atleet en hy kan hom nie sien nie “ongesiene makker in die loop” (Hy’s gewoond aan wen) Reël 14 - 15: Die atleet is kort op sy hakke – besig om hom in te haal – asof hy in sy nek blaas. Reël 16: Die onbekende atleet wil ook wen Reël 17: Bevestig dat hy nie die ander atleet ken nie. (Wil voorkom asof hulle moontlik vir dieselfde span gehardloop het.)

  11. Reël 18: Begin onseker raak oor of hy kan wen / sy selfvertroue knak. Hy sal nooit weer met selfvertroue en gerustheid kan hardloop nie. • Reël 19 – 20: Die atleet6 besef dat, alhoewel hy hierdie wedloop gewen het, ‘n ander atleet eendag die wenner sal wees. • INHOUD • Beskryf die toewyding van atlete, om te oefen, aan te hou en selfvertroue te hê om te kan wen

  12. Hy hardloop met alles wat daar in hom is en is vol ekstase en selfversekering. • Hy fokus op tegniek en spoed, maar raak dan van ‘n ander atleet bewus. • Hy wen die wedloop, maar omdat die ander atleet net agter hom was, sal hy nooit weer gerus voel nie. • BESPREKING • Kruisrym in die vyf kwatryne

  13. Digter se woordgebruik is geforseerd ter wille van rym en metrum bv: i.p.v. VINNIG gebruik hy: • “rappe” • “vlugste” • “Snelle” • “Sy asemstoot ‘n hete windgejaag” = mooiskryf – dis onnatuurlik! • MAAR: Die digter slaag wel daarin om spanning op te bou

  14. SPANNING? • Skielik bewus van die “ongesiene makker” • Die hardloper is gewoond om te wen, maar nou is daar ‘n opponent wat in sy nek blaas. • Dit veroorsaak angs en onrustigheid. • Self al wen hy, voel hy onrustig. • SIMBOLIESE BETEKENIS • Die ongesiene makker kry simboliese betekenis in die gedig

  15. Die ongesiene makker verwys na die mens se ingeperktheid en sy onvermoë om daaraan te ontkom. • Die wedloop wat hier plaasvind, kan simoblies verwys na die mens se wedloop teen die dood, waar die dood hom uiteindelik inhaal en oor die mens seëvier.

  16. Ekstra agtergrondinligting • Ernst Van Heerden was self ‘n atleet. • “Die Hardloper” is een van sy Olimpiese gedigte en het in sy debuutbundel Weerlose uur (1942) verskyn. • Die bundel handel oor eensaamheid en die mens se ingeperktheid. • Hy het verskeie sportgedigte geskryf: die swemmer; die bokser, Vraag van die boogskutter en die gewigopteller

More Related