1 / 13

Arbeidsreg – ARR224

Arbeidsreg – ARR224. Lesing 7 Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 75 van 1997. Voorgeskrewe materiaal. Leer : PHA (Hoofstuk 3 par 3.2-3.8, 3.10-3.14, 3.16, 3.18 & 3.20) Lees : PHA (Hoofstuk 3 par 3.1, 3.9, 3.15, 3.17 & 3.19) LRL (Pp 509-554) ER (Pp 71-90). Leeruitkomste.

toki
Télécharger la présentation

Arbeidsreg – ARR224

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Arbeidsreg – ARR224 Lesing 7 Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 75 van 1997

  2. Voorgeskrewe materiaal Leer: • PHA (Hoofstuk 3 par 3.2-3.8, 3.10-3.14, 3.16, 3.18 & 3.20) Lees: • PHA (Hoofstuk 3 par 3.1, 3.9, 3.15, 3.17 & 3.19) • LRL (Pp 509-554) • ER (Pp 71-90)

  3. Leeruitkomste • Bespreek die bepalings van die Wet wat die volgende reguleer: • Verlof. • Jaarlikse verlof. • Siekteverlof. • Kraamverlof. • Verlof vir gesinsverantwoordelikhede. • Inligting wat werkgewer aan werknemer met aanstelling van werknemer moet voorsien. • Vergoeding van werknemer. • Berekening van werknemer se salaris. • Aftrekkings van werknemer se salaris.

  4. WOBD (Verlof I) • Verlofbepalings nie van toepassing op werknemers wie minder as 24 uur per maand werk nie. • Verskillende tipes verlof: • Jaarlikse verlof • Siekteverlof • Kraamverlof • Verlof vir gesinsverantwoordelikhede

  5. WOBD (Verlof II) Jaarlikse verlof • Kenmerke: • Verlof met volle betaling • 12 maande verlofsiklus • 21 opeenvolgende dae verlof per jaar na 12 maande se diens by dieselfde werkgewer • Ten minste een dag verlof vir elke 17 dae van voltooide werk • Verlof verleng met 1 dag vir elke openbare vakansiedag wat binne verloftydperk val. • Vergoeding t.o.v. verlof moet op laaste werksdag voordat verlof begin of op gewone betaaldag aan werknemer betaal word. • Jaarlikse verlof moet toegestaan word binne eerste 6 maande van voltooing van verlofsiklus. • Jaarlikse verlof moet geneem word en kan nie vir geld verruil word nie. • Mag nie saamval met kennisgewingstydperk of enige ander tydperk van verlof nie. • Kan verminder word met dae wat werkgewer op versoek van werknemer volle betaalde verlof toegestaan het. • Werknemer nie toegelaat om vir werknemer tydens verlof te werk nie – slegs met beëindiging van diens. • Vergoeding vir verlof moet ten minste gelyk wees aan normale vergoeding vir dieselfde tyd gewerk.

  6. WOBD (Verlof III) Siekteverlof • Kenmerke: • Volle betaalde verlof • 36 maande verlofsiklus • Na die eerste ses maande van diens, aantal dae normaalweg gewerk gedurende tydperk van 6 weke • Gedurende eerste ses maande van diens, een dag se betaalde siekteverlof vir elke 26 dae gewerk • Siekteverlof betalings kan by ooreenkoms verminder word • Betaling vir siekteverlof moet plaasvind op gewone betaaldag. • Kan ooreenkom op verminderde vergoeding maar dan moet aantal dae dienooreenkomstig vermeerder en vergoeding nie minder as 75% van wat hy/sy sou verdien het nie (bv. geregtig op 30 dae - R100 per dag, vermeerder tot 40 dae – R75 per dag). • Mediese sertifikaat vereis na 2 dae afwesigheid/na 2 geleenthede van afwesigheid binne 8-week tydperk. Indien geen bewys ingedien word nie, is werkgewer nie verplig om te betaal nie. • Kan nie saamval met jaarlikse verlof of kennisgewingstydperk nie. • Indien woonagtig op werkgewer se perseel en nie in staat om maklik mediese sertifikaat te bekom nie, werkgewer nie toegelaat om vergoeding terug te hou tensy redelike hulp aan werknemer gebied word om ‘n mediese sertifikaat te bekom.

  7. WOBD (Verlof IV) Kraamverlof • Kenmerke: • 4 aaneenlopende maande kraamverlof • Begin enige tyd vanaf 4 weke voor verwagte datum/datum genoodsaak deur gesondheid • Werknemer mag nie vir 6 weke na geboorte werk nie tensy geskik verklaar om dit te doen deur ‘n mediese praktisyn/vroedvrou • Werknemer wie ‘n miskraam het gedurende 3de trimester of ‘n doodgebore baba baar is geregtig op 6 weke kraamverlof na miskraam/doodgeboorte • Moet werkgewer 4 weke voor verwagte datum van aanvang van verlof en terugkeer in kennis stel. • Onbetaalde verlof. Kraamvoordele kan i.t.v. WVW geëis word. • Swanger werknemers en of werknemers wat borsvoed nie toegelaat om werk te doen wat skadelik is vir haar/haar kind nie. • Nagwerk gedurende swangerskap en 6 maande na geboorte: waar prakties moet werkgewer alternatiewe werk voorsien met terme en voorwaardes wat nie minder gunstig is as gewone voorwaardes nie.

  8. WOBD (Verlof V) Verlof vir gesinsverantwoordelikhede • Kenmerke: • 3 dae betaalde verlof per jaarlikse verlof siklus • Wanneer kind gebore is, siek word of sterf of wanneer gade, lewensmaat ouer, grootouer, kleinkind, broer of suster sterf • Slegs werknemers wie 4 dae of meer per week werk geregtig op hierdie verlof en moet > 4 maande in diens wees • Werkgewer kan bewyse van geval eis alvorens betaling geskied. • Ongebruikte dae word nie oorgedra nie. • Aantal dae en omstandighede kan by kollektiewe ooreenkoms verander word.

  9. WOBD (Besonderhede van diens) • Vind nie toepassing op werknemers wie < 24 ure/maand werk nie. Werkgewer met < 5 werknemers ook vrygestel van sekere artikels. • Skriftelike dienskontrak nie voorvereiste vir werksverhouding nie. MAAR werkgewer moet sekere inligting skriftelik aan werknemer met aanvang van diens beskikbaar stel. • Bogenoemde inligting verwys na: • Werkgewer en werknemer se besonderhede (Volle name en adres van werkgewer en volle name van werknemer). • Werknemer se beroep/kortlikse beskrywing van werk wat hy verrig. • Plek van werk (indien werknemer toegelaat/verplig word om op verskillende plekke te werk, aanduiding daarvan). • Datum van aanvang van diens. • Werknemer se gewone ure en dae van werk. • Werknemer se salaris (of skaal en berekening van vergoeding). • Skaal van betaling vir oortydwerk. • Enige ander kontant betalings waarop werknemer geregtig is. • Enige betaling in natura waarop werknemer geregtig is. • Betalingsintervalle. • Aftrekkings van werknemer se vergoeding. • Verlof waarop werknemer geregtig is. • Kennisgewingstydperk nodig om diens te beëindig, of indien werk net vir spesifieke tyd is, datum waarop diens eindig. • Beskrywing van enige raad of sektorale vasstelling van toepassing op werkgewer se besigheid. • Enige tydperk van diens by vorige werkgewer wat saam met huidige diens bereken moet word. • Lys van ander dokumente wat deel van dienskontrak vorm. • Met veranderinge in bg besonderhede moet dit hersien word en werknemer moet van hersiene besonderhede voorsien word. • Waar werknemer nie skriftelike besonderhede verstaan nie, moet dit in ‘n taal wat hy verstaan, aan hom verduidelik word. • Skiftelike besonderhede moet deur werkgewer vir ‘n tydperk van 3 jaar na beëindiging van diens gehou word. • Werkgewer moet verklaring van werknemer se regte ooreenkomstig WOBD in werklplek vertoon waar dit deur werknemers gelees kan word en in al die amptelike tale wat in werksplek gepraat word. • Rekord moet gehou word vir tydperk van 3 jaar vandat laaste inskrywing gemaak is van elke werknemer se beroep, tyd gewerk, vergoeding betaal, geboortedatum van werknemer onder 1 jaar en enige ander voorgeskrewe inligting.

  10. Berekening van vergoeding

  11. WOBD (Vergoeding) • Werkgewer moet aan elke werknemer vergoeding in geld betaal: • In Suid-Afrikaanse wisselkoers. • Daagliks, weekliks, twee-weekliks of maandeliks. • In kontant, deur tjek of deur direkte deposito in die rekening aangewys deur werknemer. • Betaling moet nie later as 7 dae na voltooing van tydperk waarvoor vergoeding betaalbaar is of met beindiging van diens betaal word nie. • Nie van toepassing op betaling van pensioenfonds/voorsorgfonds. Reëls van fonds vind toepassing. • Werkgewer moet die volgende inligting aan werknemer beskikbaar stel op dag wat werknemer betaal word: • Werkgewer se naam en adres. • Werknemer se naam en beroep. • Tydperk waarvoor betaling gedoen word. • Koers van vergoeding en skaal van oortyd (indien van toepassing). • Aantal gewone ure en aantal oortyd ure (indien van toepassing) gewerk. • Aantal ure gewerk op ‘n Sondag of openbare vakansiedag (indien van toepassing). • Indien ooreenkoms om gemiddelde werkstyd te bereken, die totale aantal gewone en oortyd ure (indien van toepassing) gewerk. • Werknemer se vergoeding in geld. • Enige oortyd betaling en betaling vir diens op Sondae en openbare vakansiedae. • Bedrag en rede vir aftrekking. • Bedrag wat eindelik aan werknemer betaal word.

  12. WOBD (Berekening van salaris) • Salaris bereken met verwysing na aantal ure normaalweg deur werknemer gewerk. • Werknemer word geag: • 45 ure/week te werk (tensy werknemer gewoonlik minder ure per week werk). • 9 ure/dag (5 dae/week) of 7 ½ ure/dag (> 5 dae/week) of ure soos bepaal deur ooreenkoms te werk. • Indien werknemer ‘n saamgeperste werkweek werk, word aantal ure per dag in aanmerking geneem. • Maandelikse vergoeding is 4 1/3 keer die weeklikse vergoeding. • Indien salaris bereken word op basis anders as geld, of indien dit opmerklik wissel, moet enige betaling aan werknemer bereken word met verwysing na vergoeding gedurende die voorafgaande 13 weke. • Minister kan bepaal of besondere kategorie van betaling deel vorm van werknemer se vergoeding. Die volgende kategorieë van betaling vorm gewoonlik deel van vergoedingspakket van werknemers: • Huistoelaag. • Motortoelaag. • Werkgewer se bydrae tot mediese -, pensioen – of voorsorgfonds. • Begrafnis en sterftevoordeel skemas. • Enige kontant betaling of ander betaling anders as betaling om werknemer in staat te stel om te werk. • Die volgende kategorieë van betaling vorm gewoonlik nie deel van die vergoedingspakket nie: • Hervestigingstoelaag. • Geskenke van werkgewer. • Aansporingstoelae. • Diskresionêre betalings nie verwant aan werknemer se werksure/werksverrigting nie. • Onthaaltoelae. • Opleiding of skool-toelae. • Werkgewer mag nie enige aftrekking van werknemer se salaris maak nie tensy werknemer skriftelik daartoe toestem of tensy die aftrekking vereis/toegelaat word deur ‘n wet, kollektiewe ooreenkoms, hofbevel of arbitrasietoekenning. • Werknemer kan op aftrekking om werkgewer vir verlies/skade te vergoed, ooreenkom slegs as: • Verlies/skade plaasgevind het in diensbestek en te wyte is aan skuld van werknemer. • Werkgewer billike prosedure gevolg het en werknemer redelike geleentheid gebied het om aan te toon waarom aftrekking nie gemaak moet word nie. • Totale bedrag van skuld nie die werklike bedrag van verlies/skade oorskry nie. • Totale aftrekkings van werknemer se salaris nie 1/4 van werknemer se salaris oorskry nie. • Aftrekking t.o.v. enige goed deur werknemer aangekoop, aard en hoeveelheid van goed moet gespesifiseer word. • Werkgewer mag nie van werknemer verwag/toelaat om salaris terug te betaal nie tensy dit oorbetaling was (berekeningsfout) of om ontvangs te erken van bedrag wat meer is as werklike salaris ontvang nie.

  13. Geniet die dag!

More Related