1 / 15

Arbeidsreg

Arbeidsreg. ABR 224 Tema 3 Lesings 2-3. Tema 3 Lesings 2-3. Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 – Kollektiewe Bedinging Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg , LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 12). Tema 3.2-3.3 (Leeruitkomste).

verna
Télécharger la présentation

Arbeidsreg

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesings 2-3

  2. Tema 3 Lesings 2-3 Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 – Kollektiewe Bedinging Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 12)

  3. Tema 3.2-3.3 (Leeruitkomste) • Bespreek die verskillende organisatoriese regte van vakbonde. • Bespreek die regseffek van ʼn kollektiewe ooreenkoms. • Verduidelik agentskapwerkplekooreenkomste. • Verduidelik geslote-geledere ooreenkomste.

  4. Erkenning van verpligting om te beding I • Die Wet maak geen voorsiening vir enige verpligting om te beding nie maar dit ken sekere regte aan vakbonde toe: • Organisatoriese regte • Reg om ʼn bedinginsraad raad in te stel • Reg om voordele van ʼn werkplekforum te geniet • Reg om voordele van ʼn agentskapwerkplekooreenkoms en ʼn geslotegeledere-ooreenkoms te geniet • Werkgewers is nie verplig om met verteenwoordigende vakbonde te beding nie. Weiering om te beding kan in ʼn magspel ontaard ten einde die ander party te oorreed om te onderhandel – Stakings! • KVBA moet eers adviserende toekenning uitreik rakende geskil, alvorens staking mag plaasvind. Alhoewel ʼn adviserende toekenning nie bindend is nie, blyk dit of dit tog waarde sal hê indien dit ʼn verpligting tot onderhandeling vervat.

  5. . • Die erkenning van ʼn vakbond deur ʼn werkgewer is die begin van kollektiewe bedinging. ʼn Werkgewer moet geregistreerde verteenwoordigende vakbonde erken en organisatoriese regte aan hul toeken. • Konflik gaan onstaan in die afwesigheid van ʼn verpligting om te beding en die geskilbeslegting strukture moet partye lei en tot hulp wees.

  6. . Verteenwoordiging word in 3 kategorieë verdeel: • 30% verteenw.:Minimum vereisteom n SR tevorm. • Voldoende verteenwoordigend (30%/meer): • Het aanspraak op Organisatoriese regte; • Meerderheidsvakbonde (50% +1) • Slegs vakbonde met ʼn meerderheidsondersteuning in die werkplek, kan op statutere regte m.b.t. agentskapwerkplekooreenkomste, geslote-geledere ooreenkomste en werkplekforum ooreenkomste aandring. Twee of meer vakbonde kan gesamentlik optree om meerderheidsondersteuning daar te stel.

  7. Organisatoriese regte • Voldoende verteenw. VB: • Reg van toegang tot die werkplek: • Ampsdraer of beampte mag werkgewer se perseel betree ten einde lede te werf, met lede te kommunikeer • Vergaderings met lede kan ook buite werksure op die perseel gehou word • Lede mag deelneem aan stemming. (regte is beperk! – bl. 233). • Reg om vakbond ledegelde af te trek • Werkgewer moet ledegelde wat aan vakbond betaalbaar is, van lid se salaris aftrek indien lid daartoe toegestem het. • Aftrekking moet nie later as die 15de dag van die volgende maand aan die vakbond oorbetaal word nie. • Oorbetaling moet vergesel word van ʼn lys van name van lede wie se ledegeld ingesluit is. • Toestemming vir aftrekking mag teruggetrek word.

  8. . • 3)Reg tot betaalde verlof vir vakbondbedrywighede: • VB – Lid mag redelike verlof gedurende werksure neem ten einde in vakbondbedrywighede deel te neem– per ooreenkoms tussen VB en WG. • Meerderheidsverteenwoordiging: • Al die bogenoemde regte + • 1) Reg tot openbaarmaking van inligting • WG moet alle inligting wat nodig is om effektief deel te neem aan kollektiewe bedinging openbaar. Werkgewer hoef nie die volgende inligting bekend te maak nie: • Inligting wat regtens geprivilegeerd is. • Inligting wat deur enige wet/hofbevel verbied word om bekend gemaak te word. • Vertroulike inligting waarvan bekendmaking skade aan werkgewer kan veroorsaak. • Private persoonlike inligting van werknemer (tensy werknemer daartoe toestem).

  9. . • 2) Reg tot aanstelling van vakbondverteenwoordigers: • Sien bl. 234. 3) Betaaldeverlofvirverteenwoordigers Gedurendewerksureviropleiding in relevanteonderwerp. GeregistreerdeVB’ewatdeelvorm van n raadsalautomatiessekereOrg.Regte he, ongeag die mate van verteenwoordiging.

  10. . • Reg tot uitoefening van organisatoriese regte • Wanneer bogenoemde regte aan vakbond toegeken is, kan vakbond die werkgewer skriftelik in kennis stel dat so ʼn reg uitgeoefen gaan word. So ʼn kennisgewing moet vergesel word deur ʼn afskrif van die vakbond se sertifikaat van registrasie en moet die volgende aandui: • Die werkplek ten opsigte waarvan vakbond die reg wil uitoefen. • Die verteenwoordigendheid van die vakbond in daardie werkplek. • Die organisatoriese reg wat die vakbond van voorneme is om uit te oefen. • Reg tot beslegting van geskille rakende organisatoriese regte • Indien geen kollektiewe ooreenkoms bestaan nie, kan die werkgewer/vakbond die geskil na die KVBA verwys. (Sien die volledige prosedure soos uiteengesit op pp 235-236 van handboek)

  11. Kollektiewe ooreenkomste • Word aangegaan tussen vakbonde en werkgewers / werkgewerorganisasies en handel met diensvoorwaardes en enige ander aangeleentheid van gemeenskaplike belang. • Moet skriftelik wees • Kan die bepalings van die dienskontrak wysig • Moet ‚n geskilbeslegtingsprosedure uiteensit.

  12. . Regseffek van kollektiewe ooreenkomste Elke kollektiewe ooreenkoms verbind: • Die partye tot die ooreenkoms. • Lede van elke party tot die ooreenkoms in soverre die bepalings op hulle van toepassing is. • Werknemers wie nie lede van ʼn geregistreerde vakbond is nie, MITS: • Die vakbond wat ʼn party tot die ooreenkoms is wel meerderheidsondersteuning in die werkplek afdwing • daardie werknemers wie nie lede is nie, in die ooreenkoms aangedui word en uitdruklik deur die ooreenkoms gebind word.

  13. . Agentskapwerkplekooreenkomste • I.t.v. is ʼn werkgewer verplig om ʼn ooreengekome agentskapsfooi van lone van werknemers wie nie lede van die vakbond is nie, af te trek en dit aan die vakbond, wat ʼn party is tot die ooreenkoms, oor te betaal. • Bogenoemde werknemers wie nie-lede is, moet aangedui word en moet geregtig wees om lidmaatskap van die vakbond te bekom. • Slegs ʼn geregistreerde meerderheidsvakbond kan so ʼn ooreenkoms met ʼn werkgewer/werkgewersorganisasie sluit.

  14. . Geslote-geledere ooreenkomste • ʼn Geregistreerde meerderheidsvakbond kan ʼn geslote-geledere ooreenkoms met ʼn werkgewer aangaan. • So ʼn ooreenkoms is slegs geldig indien ʼn verkiesing rakende die ooreenkoms geloods is en twee-derde meerderheid moet instem. • In terme van so ʼn ooreenkoms moet alle werknemers lede van die bepaalde vakbond wees. • Nuwe werknemers sal dus weggewys kan word indien hul nie lede van daardie vakbond wil wees nie. • Werknemers wie in diens is tydens aangaan van die ooreenkoms, mag egter weier om lede van vakbond te word, alhoewel ledegeld verhaal sal word asof ʼn agentskapwerkplekooreenkoms van toepassing is.

  15. . Beslegting van geskille rakende kollektiewe ooreenkomste • Kollektiewe ooreenkoms bevat gewoonlik self ʼn aanduiding na sodanige prosedure. • In die afwesigheid van bogenoemde, moet versoening en arbitrasie deur die KVBA geloods word. • Sien die diagram in die handboek. P.243.

More Related