Download
arbeidsreg n.
Skip this Video
Loading SlideShow in 5 Seconds..
Arbeidsreg PowerPoint Presentation

Arbeidsreg

194 Views Download Presentation
Download Presentation

Arbeidsreg

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - E N D - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -
Presentation Transcript

  1. Arbeidsreg ABR 224 Tema 2 Lesing 1

  2. Tema 2 Lesing 1 Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 3)

  3. Tema 2.1 (Leeruitkomste) • Verduidelik watter werknemers deur die WOBD beskerm word, en verwys ook na gedeeltelike beskerming. • Definieer begrippe soos besoldiging, huiswerker, plaaswerker, senior bestuurswerknemer en werknemer. • Bespreek volledig die maatreëls ingevolge die WOBD ten opsigte van werksure.

  4. Tema 2.1 (Inleiding) • Baie werkgewers en werknemers in privaatsektor is aan talryke bepalings ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge onderworpe. Daar bestaan egter nywerhede en bedrywe waarop geen ooreenkoms of vasstelling toepassing vind nie en werknemers werksaam in sodanige nywerhede en bedrywe, moet gevolglik op ʼn ander wyse van minimum diensvoorwaardes voorsien word. • Werknemers wat in hierdie kategorie val, word te hulp gesnel deur sekere minimum standaarde wat ten aansien van diensvoorwaardes deur die WOBD neergelê word. Basiese oogmerk van die Wet is om deur middel van wetgewing minimum diensvoorwaardes vir ongeorganiseerde werknemers in bepaalde arbeidsektore neer te lê. • WOBD is van die grootste belang vir die daaglikse administrasie van personeel (werknemer) aangeleenthede, aangesien dit minimum standaarde daarstel wat voorsiening maak vir die beskerming van werknemers. Hierdie minimum standaarde geld egter net indien daar nie reeds ander voorkomingsmaatreëls, soos kollektiewe ooreenkomste of sektorale vasstellings, bestaan nie. • U sou onthou dat ʼn dienskontrak slegs as ʼn gewone kommersiële kontrak beskou is ingevolge die gemenereg (locatio conductio operarum). • Indien ons egter vandag sou voortgaan om dit nog steeds as ʼn gewone kommersiële kontrak te beskou, kan dit tot gevolg hê dat ʼn situasie ontstaan waar daar geen (indien enige) beskerming aan ʼn werknemer verleen word in terme van siekverlof, jaarlikse verlof, maksimum werksure, ens. Die rede hiervoor is as volg: met gewone kommersiële kontrakte geniet die kontrakspartye algehele kontrakteervryheid en kan hulle op diensvoorwaardes ooreenkom soos werksure van 20 uur per dag vir 7 dae per week. • Dit is dan waar die WOBD intree. Die Wet maak voorsiening vir basiese diensvoorwaardes wat nie misken kan word in enige dienskontrak nie, selfs al sou beide partye daarop ooreenkom. Bv: indien beide partye gewillig is om ʼn dienskontrak te sluit ingevolge waarvan die werknemer 7 dae per week, 11 ure per dag moet werk, sonder enige vakansieverlof, sou so ʼn kontrak ongeldig wees in terme van die WOBD, selfs al het albei partye daartoe toegestem. Dit is ongeldig omdat die minimum diensvoorwaardes ingevolge die WOBD misken word.

  5. Tema 2.1 (Doelwitte van WOBD) • Na onderhandelings in NEDLAC (waar geen ooreenkoms bereik kon word nie) het die WOBD nieteenstaande die dooiepunt, op 13 Oktober 1997 voor die Minister van Arbeid in die parlement ter tafel gelê. Die WOBD is aanvaar op 26 November 1997 en het op 1 Desember 1998 in werking getree. • WOBD van 1997 vervang die WOBD van 1983 en die Loonwet van 1957 in geheel. • Die doel van hierdie Wet is om ekonomiese ontwikkeling en sosiale geregtigheid te bevorder deur te verseker dat werksomstandighede van ongeorganiseerde en weerlose werknemers wel aan standaarde voldoen wat sosiaal aanvaarbaar is. Dit het verder ten doel om onbuigbare en oneffektiewe maatreëls uit te skakel deur die bevordering van buigsaamheid. • Ingevolge art 2 is die doelwitte van die Wet as volg: • om uitvoering te gee aan en die reg op billike arbeidspraktyke (soos vervat in art 23(1) van die Grondwet) en dit te reguleer deur die daarstelling en uitoefening van basiese diensvoorwaardes; • om uitvoering te gee aan die verpligtinge wat deur die Republiek, as lidland van die Internasionale Arbeidsorganisasie, opgeloop is; • om voorsiening te maak vir die wysiging van basiese diensvoorwaardes en om hierdie bepalings rakende die wysigings af te dwing en te reguleer (dmv kollektiewe onderhandeling, sektorale vasstellings, dienskontrakte en vasstellings deur die Minister van Arbeid)

  6. Tema 2.1 (Toepassing I) Die WOBD vind toepassing op beide die openbare- en privaatsektore en sluit alle werknemers in behalwe lede van die: • Nasionale Weermag • Nasionale Intelligensie Agentskap • Suid-Afrikaanse Nasionale Akademie van Intelligensie • Suid-Afrikaanse Geheimediens • Direkteure en personeel van Comsec • Onbesoldigde vrywillige werkers wat vir ʼn organisasie werk wat ʼn liefdadigheidsoogmerk het.

  7. Tema 2.1 (Toepassing II) Net soos die 1983 Wet, sluit die huidige WOBD bo en behalwe die bogenoemde, ook sekere kategorieë werknemers van spesifieke voorsienings uit. Die gedeeltelike uitsluitings kan as volg opgesom word: • Hierdie Wet is van toepassing op persone wat beroepsopleiding ondergaan, behalwe in soverre enige beding of voorwaarde van hulle diens deur die bepalings van ʼn ander wet gereël word. • Hierdie Wet, behalwe art 41, is nie van toepassing op persone in diens op skepe ter see ten opsigte van wie die Handelskeepvaartwet van 1951 van toepassing is nie, behalwe in soverre daar in ʼn sektorale vasstelling daarvoor voorsiening gemaak word. • Senior bestuurswerknemers, reisende verkoopspersoneel wat hul eie werksure bepaal en werknemers wat minder as 24 uur per maand werk is uitgesluit van die bepalings van art 8-18 (oortyd, werkure, etenstyd, rusperiodes, Sondag werk, nagwerk, openbare vakansiedae). • Werknemers wat minder as 24 uur per maand werk is uitgesluit van die bepalings van art 19-27 (siekverlof, jaarlikse verlof, kraamverlof en gesinsverantwoordelikheidsverlof), art 28-35 (besonderhede van diens en vergoeding) en art 37-42 (diensbeïndiging, betalings tydens sodanige beëindiging en dienssertifikate). • Werkgewers wat minder as 5 werknemers in diens het, is uitgesluit van art 29(1)(n), (o) en (p) (skriftelike besonderhede van diens) asook art 30 (verwittiging van werknemers van hul regte), art 31 (hou van rekords) en art 33 (inligting oor besoldiging). • Werknemers betrokke by onverwagse werk wat sonder versuim en slegs na-ure gedoen kan word is uitgesluit van art 9 (gewone werkure), art 10(1) (oortyd werk), art 14(1) (etenspouses), art 15(1) (rustye), art 17(2) (nagwerk) en art 18(1) (openbare vakansiedae). • Werknemers wie se diensvoorwaardes deur ʼn kollektiewe ooreenkomste van bedingingsrade of ander kollektiewe of individuele ooreenkomste gereël is, kan van alles behalwe die kernregte van die WOBD uitgesluit word. • Werknemers wat meer verdien as ʼn bedrag in ʼn vasstelling deur die Minister gestel (huidiglik R115 572) kan uitgesluit word van voorwaardes wat handel met werksure, gemiddelde ure, ure deur die Minister voorgeskryf, etensbreuke, daaglikse en weeklikse rusperiodes, Sondag-werk, nagwerk en openbare vakansiedae.

  8. Tema 2.1 (Definisies I) • Basiese diensvoorwaarde ʼn Bepaling van die Wet of ʼn sektorale vasstelling wat ʼn minimum beding of diensvoorwaarde bepaal. • Besoldiging Enige betaling in kontant en/of in goedere of in beide kontant en goedere, gedoen of verskuldig aan iemand in ruil waarvoor daardie persoon vir ʼn ander persoon werk. • Huiswerker ʼn Werknemer wat huiswerk verrig in die huis van sy of haar werkgewer en dit sluit ook in ʼn tuinwerker, ʼn persoon wat as bestuurder van ʼn motorvoertuig by ʼn huishouding in diens is en ʼn persoon wat kinders, bejaardes, siekes, verswaktes of gestremdes versorg, maar dit sluit nie ʼn plaaswerker in nie. • Plaaswerker ʼn Werknemer wat hoofsaaklik in of in verband met boerderybedrywighede in diens is, en ook ʼn werknemer wat uitsluitlik of hoofsaaklik huiswerk op ʼn plaas verrig. • Senior bestuurswerknemer ʼn Werknemer wat die gesag het om werknemers te huur, te dissiplineer en te ontslaan, en om die werkgewer intern en ekstern te verteenwoordig. • Tydelike werkverskaffingsdiens Enige persoon wat, teen vergoeding, vir ʼn kliënt, ander persone verkry of verskaf wat dienste lewer aan of werk verrig vir die kliënt en wat deur die tydelike werkverskaffingsdiens besoldig word.

  9. Tema 2.1 (Definisies II) • Werknemer Enige iemand behalwe ʼn onafhanklike kontrakteur, wat vir iemand anders of vir die Staat werk en wat besoldiging ontvang of daarop geregtig is om besoldiging te ontvang asook iemand anders wat op enige wyse help om die besigheid van die werkgewer voort te sit of te bedryf. Hierdie definisie is min of meer dieselfde as wat in die Wet op Arbeidsverhoudinge gebruik word. Ten einde te bepaal of daar ʼn dienskontrak bestaan, word die ‘dominante indruk’ toets gebruik. Let ook op die bepalings van art 83A van die Wet. Indien enige van die volgende faktore aanwesig is, word die weerlegbare vermoede geskep dat ʼn werknemer werkgewer verhouding bestaan: • Die wys waarop die persoon werk is onderworpe aan die toesig en beheer van ʼn ander persoon. • Die persoon se werksure is onderworpe aan die toesig en beheer van ʼn ander persoon. • Indien ʼn persoon vir ʼn organisasie werk, is die persoon deel van daardie organisasie. • Die persoon het ten minste 40 ure per maand gedurende die laaste 3 maande vir die ander persoon gewerk. • Die persoon is finansieel afhanklik van die persoon vir wie hy werk of dienste lewer. • Die persoon word van werkstoerusting deur die ander persoon voorsien. • Die persoon werk slegs vir een ander persoon. (In terme van art 79(1) sluit ʼn werknemer ook ʼn vorige werknemer en ʼn applikant vir die werk in. Art 82(1) bepaal dat ʼn persoon wie se dienste deur ʼn tydelike werkverskaffingsdiens voorsien is, ʼn werknemer van die tydelike werkverskaffingsdiens is.

  10. Tema 2.1 (Gewone werksure I) • Hoofstuk 2 reguleer werksure deur voorsiening te maak vir werksure, oortyd, saamgeperste werksweek, gemiddelde ure, etensbreuke en rusperiodes, nagwerk, Sondag-werk en werk op openbare vakansiedae. • Werksure moet gereguleer word met inagneming van die gesondheid en veiligheid van werknemers, die Goeie Praktykskode rakende die Regulering van Werkstyd asook die gesinsverantwoordelikhede van werknemers. • Vir doeleindes van die regulering van gewone werksure, oortyd en ʼn saamgeperste werksweek word ʼn “dag” word gedefinieer as ʼn periode van 24 uur wat gemeet word vanaf die tyd wat die werknemer normaalweg met diens begin, ooreenkomstig art 8. • Art 9 reguleer die normale werksure: • Ten aansien van weeklikse ure: • Maksimum van 45 uur per week. • Ten aansien van daaglikse ure: • Indien 5 dae of minder per week gewerk word, ʼn maksimum van 9 ure per dag. • Indien vir meer as 5 dae per week gewerk word, ʼn maksimum van 8 ure per dag. • Indien die dienste insluit om die publiek te dien, mag die maksimum ure per dag met 15 minute per dag vermeerder word, maar mag nie 60 minute per week oorskry nie.

  11. Tema 2.1 (Gewone werksure II) Een van die doelstellings van die WOBD is om eindelik ʼn 40-uur werksweek te bereik. Bylae 1 van die Wet maak voorsiening vir prosedures vir die progressiewe vermindering van die maksimum voorgeskrewe werksure as ʼn punt vir onderhandeling. Sodanige vermindering sal verseker word deur: • Kollektiewe bedinging • Sektorale vasstellings • Ondersoeke deur die Diensvoorwaardeskommissie • Ondersoeke deur die Departement van Arbeid • Verslae (van bogenoemde ondersoeke) aan die Minister van Arbeid.