1 / 9

8 REDES WAAROM KLEINGROEPE BELANGRIK IS

8 REDES WAAROM KLEINGROEPE BELANGRIK IS. 1. Jy sal die Bybel beter verstaan in ‘n Kleingroep

vian
Télécharger la présentation

8 REDES WAAROM KLEINGROEPE BELANGRIK IS

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. 8 REDES WAAROM KLEINGROEPE BELANGRIK IS • 1. Jy sal die Bybel beter verstaan in ‘n Kleingroep • As jy al ooit in ‘n erediens of situasie was waar jy wou sê: “Maar wat van...” of “Ek verstaan nie...”, dan is ‘n kleingroep vir jou.  In ‘n kleingroep kan jy vrae vra, deelneem aan bespreking van die teks, preke en ander se insigte deel.

  2. 2. Jy sal begin voel dat jy deel is van God sefamilie • Meeste mense wat deel van kleingroepe is, sê die grootste voordeel is dat jy ontdek dat jou behoeftes en probleme nie uniek is nie – ons is almal in dieselfde bootjie. Dit help om te weet ander mense het dieselfde probleme.

  3. 3. Gebed sal meer betekenis vir jou kry • Omdat saam bid 'n kleingroep saam bind, word die behoeftes van ander persone ook ervaar. Dit skep die geleentheid vir voorbidding vir persone binne en buite die groep.

  4. 4. Jy sal druk en spanning beter kan hanteer • Kleingroepe is ‘n bron van ondersteuning in ons tye van nood. ‘n Mens het ‘n belewenis van stabiliteit as jy weet dat daar toegewyde mense is wat omgee. As iemand sy werk verloor, of daar is siekte in die familie of ‘n ma het ‘n kinderoppasser nodig – dis alles dinge waarmee ‘n kleingroep kan help. Baie mense getuig dat dit hulle kleingroep se bystand is, wat hulle deur moeilke tye gedra het.

  5. 5. Dit gee jou ‘n natuurlike manier om oor die Here te getuig • Daar is geleentheid binne die kleingroep-vriendekring om oor jou verhouding met die Here op 'n informele en rustige manier te getuig sonder om bedreig te voel. Wanneer mense egte liefde, warmte en eerlikheid beleef, maak dit hulle meer ontvanklik vir die evangelie.

  6. 6. Jy sal geleentheid kry om jou God gegewe gawes te ontwikkel . • Omskep die rol van “sit-en-luister” christen op Sondae na die van “deelneem” christen gedurende die week. Soos wat jy deelneem in die ontspanne omgewing van ‘n kleingroep-byeenkoms, sal jou selfvertroue toeneem. Dit sal jou weer help by die werk, by die kerk en in elke ander verhouding.

  7. 7. Jy sal groei in jou begrip van aanbidding • Baie mense dink aanbidding gebeur net op ‘n Sondagoggend in ‘n grootgroep met musiek, ‘n boodskap en dankoffers. Aanbidding gebeur enige tyd wanneer ons op God fokus. Dit gebeur baie betekenisvol in ‘n kleingroep wanneer ons saam bid of uitreik en diens verrig.

  8. 8. Jy sal ‘n Nuwe Testamentiese Christen wees! • Die tradisie van die meeste kerke deur die jare was dié van ‘n herder-kudde model waar die leraar die meeste van die bediening saam met die kerkraad gedoen het. In die Nuwe Testament sien ons egter dat die liggaam van Christus prominent op die voorgrond tree en dat elke lidmaat ‘n belangrike funksie in dié liggaam het om te vervul. So is dit bv. nie net die leraar se plig om al die geestelike bediening te behartig nie en moet die amp van die gelowige soos om te bid, te dien en raad te gee weer herlewe.

  9. INDIEN JY WIL OORGAAN TOT AKSIE !!!!!!!! • KONTAK ASB VANDAG NOG OF PRAAT MET: • BEN FOURIE – 021 213 4359 Of • WILLEM VAN DER LINDE – 09 478-6349

More Related