1 / 22

Bevolkings-en gemeenskapsekologie

Bevolkings-en gemeenskapsekologie. Bevolkingsekologie. Terminologie. Spesie Habitat Bevolking Gemeenskap Ekostelsel Ekologie Ecologiese nis. Grootte van ‘n bevolking. Definisie en impak op bevolkingsgrootte: Nataliteit Mortaliteit

artie
Télécharger la présentation

Bevolkings-en gemeenskapsekologie

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Bevolkings-en gemeenskapsekologie Bevolkingsekologie

  2. Terminologie • Spesie • Habitat • Bevolking • Gemeenskap • Ekostelsel • Ekologie • Ecologiese nis

  3. Grootte van ‘n bevolking Definisie en impak op bevolkingsgrootte: • Nataliteit • Mortaliteit • Verspreiding(insluitend immigrasie, emigrasie and migrasie) Aspekte van bevolkingsfluktuasie en -regulering: • Dravermoë • Omgewingsweerstand/beperkende faktore en hul impak op bevolkingsgroei. • Die effek van jaarlikse en seisoenale fluktuasies op bevolkingsgrootte.

  4. Grootte van ‘n bevolking Kenmerke van die volgende groeipatrone/-vorme: • Geometriese groeivorm(J-vormige kurwe) • Logistiese groeivorm (S-vormige kurwe) Metodes om bevolkingsgrootte, bevolkingsdemografie en bevolkingsbewegings te bepaal: • Direkte tegniek (sensus) • Indirekte tegniek– eenvoudige monsterneming en merk-en- hervang

  5. Aktiwiteit 1- Terminologie Instruksies Verduideliking van aktiwiteit. In pare/groepe definieer die terme op die gegewe wekkaart. Na 10 minute gee elke paar/groep terugvoering.

  6. Terminologie • Spesie – Groep organismes met soortgelyke kenmerke wat kan inteelom vrugbare nageslag te produseer  • Habitat – Spesifieke tipe omgewing(area) waarin ‘n plant of dierspesie normaalweg leef • Bevolking – Groep organismes van dieselfde spesiewat in ‘n bepaalde gebied voorkomop ‘n gegewe tyd sodat kruisteling kan plaasvind.

  7. Terminologie • Gemeenskap – Groep bevolkingswat in ‘n bepaalde gebied voorkom bv. leeus, sebras en kameelperde in ‘n Nasionale park. • Ekosisteem – Interaksie tussen biotiese en  abiotiese faktore in ‘n bepaalde gebied  • Ekologie – Studie van die wisselwerking tussen lewende organismes onderling en die omgewingwaarin hul leef.

  8. Terminologie • Ekologiese nis – Elke spesie het ‘n spesifieke rolin ‘n gemeenskap. Elke spesie benodig ‘n spesifieke stel  omgewingstoestande en bronne om te oorleef en voort te plant in hul habitat.

  9. Bevolkingsgrootte en bevolkingsdigtheid • Bevolkingsgrootte – verwys na die aantal individuein ‘n bevolking  • Bevolkingsdigtheid – die aantal individue van die bevolking per oppervlakeenheid

  10. Bevolkingsparameters • Nataliteit – geboortetempo  van ‘n bevolking uitgedruk as die getal lewende geboortes per duisend individue per jaar. • Mortaliteit – sterftetempovan ‘n bevolking uitgedruk as die aantal sterftes per duisend individueper jaar. • Immigrasie – eenrigting beweging van organsimes in ‘n gebied in met die doel om permanent daar te vestig. • Emigrasie – eenrigting beweging van individue uit ‘n gebied uit om elders permanent te vestig. • Migrasie – beweging van individue van een plek na ‘n ander maar keer terug na die oorspronklike plek.

  11. Impak van bevolkingsparameters • Nataliteit en immigrasie veroorsaak ‘n toename in bevolkingsgrootte. • Mortaliteit en emigrasie veroorsaak ‘n afname in bevolkingsgrootte. • Geen immigrasie en emigrasie in ‘n geslote bevolking bv. diere op ‘n eiland. • Nataliteit en mortaliteit kan bevolkingsgrootte in ‘n geslote bevolking beïnvloed.

  12. Impak van bevolkingsparameters

  13. Bevolkings fluktuasie en regulering • Dravermoë– maksimum aantal individue van ‘n spesie wat ‘n ekostelsel aanhoudend kan onderhou. • Sekere faktore verhoed dat ‘n bevolking net onbepaald kan groei en sy maksimum groeitempo oorskry – faktore staan bekend as beperkende faktore en word gesamentlik omgewingsweerstand genoem. • Seisonale fluktuasies – Swaeltjies vlieg gedurende koue Europese winter na Suidelike Afrika waar die somertemperatuur meer gunstig is. • Jaarlikse fluktuasies – Migrasie van miljoene wildebeeste in Oos-Afrika. Die verskynsel word bepaal deur die beskikbaarheid van weiding wat weer afhanklik is van reënval.

  14. Groeipatrone/vorme– Geometriese of J – vormige kurwe • Bevolkinggroei is aanvanklik stadig maar neem dan oor ‘n tydperk baie vinnig toe. • Die bevolking kan sy volle voortplantingspotensiaal bereik a.g.v. genoegsame voedsel, water en geen predatore. • Omgewingsweerstand neem toe wanneer getalle van bevolking toeneem. • Bevolkingsgrootte kan vinnig afneem a.g.v. beperkende faktorte.

  15. Grafiek van herhaalde groeipatroon

  16. Logistiese groeivorm (S – vormig) Sloerfase: • Bevolking akklimatiseer, individue word geslagsryp en soek paarmaats. Vesnellende groeifase • Bevolking groei vinnig en bereik maksimum groeitempo. Afnemende groeifase • Groeitempo neem af a.g.v ‘n toename in omgewingsweerstand. Ewewigsfase • Bevolkingsgetalle bereik dravermoë en stabiliseer rondom hierdie waarde.

  17. Geometriese en logistiese groeivorme

  18. Metodes om bevolkingsgrootte te bepaal – direkte tegniek (sensus) • Tel alle individue in ‘n bevolking en sluit in sensusopname by mense. • Lugfotografie kan gebruik word om groter diere in natuurreservate te tel.

  19. Indirekte tegniek– eenvoudige monsterneming(kwadraatmetode) • ‘n Vierkantraam (kwadraat) word gebruik. • Plaas dit op die grond en tel die aantal individue in die kwadraat. • Dit gee die aantal individue (digtheid) per eenheidsarea. • Herhaal in verskillende plekke ewekansig en bepaal die gemiddelde digtheid. • Metode word gebruik vir plante en stadig bewegende diere.

  20. Merk-en -hervangtegniek(Peterson) • Baken ‘n bepaalde gebied af. • Vang ‘n aantal individue, tel en merk hulle (eerste monster). • Laat die gemerkte individue vry in die gebied. • Laat toe dat gemerkte individue met ongemerktes in gebied meng. • Vang ‘n tweede aantal individue en tel hulle (tweede monster). • Tel die aantal oorspronklik gemerktes in die tweede monster.

  21. Merk-en hervang tegniek • Gebruik die inligting en bereken die totale grootte van die bevolking d.m.v. die volgende formule: • P = m x s t • P = beraamde bevolkingsgrootte. • m = totale aantal individue gevang en gemerk in eerste monster. • s = totale aantal individue gevang in tweede monster. • t = totale gemerkte individue in tweede monster.

  22. Merk-en-hervangtegniek - geldigheid • Merkmetode moet nie die organisme beseer nie. • Merk moet vir die duur van die ondersoek duidelik sigbaar wees. • Mermetode moet nie die dier se gedrag of beweing beïnvloed nie. • Genoeg tys moet toegelaat word vir gemerktes om met die res van die bevolking te meng. • Bevolking moet geslote wees. • Tydperk tussen twee monsternemings moet kort genoeg wees sodat geen geboortes of sterftes plaasvind nie.

More Related