1 / 46

‘n Taal tussen ander tale Afrikaans binne ‘n meertalige Suid-Afrika

Referaat by die AJV van die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging (ATKV) 26 Mei 2011 GOUDINI Dr. Michael le Cordeur. ‘n Taal tussen ander tale Afrikaans binne ‘n meertalige Suid-Afrika. Die jaar word ryp in goue akkerblare ,. in wingerd wat verbruin, en witter lug.

damien
Télécharger la présentation

‘n Taal tussen ander tale Afrikaans binne ‘n meertalige Suid-Afrika

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Referaat by die AJV van die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging (ATKV) 26 Mei 2011 GOUDINI Dr. Michael le Cordeur ‘n Taal tussen ander taleAfrikaans binne ‘n meertalige Suid-Afrika

  2. Die jaar word ryp in goue akkerblare,

  3. in wingerd wat verbruin, en witter lug

  4. ‘n Taal uit eie Bodem Toe het klippers mond oopgemaak en gepraat En die see het gesis en see gesê En ‘n taal het gelag met ‘n opwaartse lag, Geskik vir straat en strand en stoep en solder, En vir besimpeldes, en vir heiliges - Wilma Stockenstrom.

  5. ‘n Taal wat voortdurend groei...

  6. Die kind is nie dood nie Die kind – Ingrid Jonker Die kind wat dood geskiet is deur soldate by Nyanga is nie dood nie nòg by Langa nòg by Nyanga nòg by Orlando nòg by Sharpville nòg by die polisiestasie in Philippi waar hy lê met ‘n koeël deur sy kop  Die kind is die skaduwee van die soldate op wag met gewere sarasene en knuppels die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings

  7. Afrikaans leef die kind loer deur die vensters van huise en in die harte van moeders die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals die kind wat ‘n man geword het trek deur die ganse Afrika die kind wat ‘n reus geword het reis deur die hele wȇreld  Sonder ‘n pas Maart 1960

  8. SA het elf amptelike tale

  9. HistorieseAfrikaanseUniversiteite • Verwys eerder na Meertalige Universiteite • “Histories Afrikaanse Universiteite” soos Universiteite Pretoria, Vrystaat en selfs US is immers histories Engelstalige instellings.

  10. Language Policy in Education (1997) • Hier gaan dit oor die bevordering van “toevoegende” meertaligheid.

  11. Language Policy in Higher Education (2002) • Hier gaan oor die bevordering van meertaligheid oor die algemeen en spesifiek die vestiging van meertaligheid in die institusionele beleid en praktyke van hoëronderwysinstellings.

  12. Die huidige Taal- en kultuurlandskap • Taal nie net ’n middel tot kommunikasie is nie; dit verteenwoordig kulturele goedere en is ’n draer van identiteit, waardes en wêreldmenings. Taal fasiliteer ons ervaringe, ons intellektuele en kulturele omgewings, en die wyse hoe ons met ander mense omgaan. – Unesco 2000.

  13. Die huidige Taal- en kultuurlandskap • Een van die hoofdoelwitte van die nuwe Suid-Afrika is om respek te bevorder vir menswaardigheid en kulturele en taaldiversiteit. • Die Grondwet bied geleentheid om harmonieuse verhoudings te skep deur kultuur en taal-diversiteit te respekteer in `n samelewing met `n geskiedenis van rasseverdelings.

  14. Kommissie KGT en Pansat • Die vraag vandag is: Hoe suksesvol was die Kommissie en Pansat tot dusver in die uitvoering van hul mandaat om wedersydse respek en verdraagsaamheid vir ons ‘reënboognasie’ van diverse kulture en tale te koester? • Onlangse voorvalle van rasse- en kulturele spanning en wydverspreide ongelukkigheid oor die implementering van die Grondwet se bepalings rakende taal, dui daarop dat beide instellings in hul onderskeie pligte misluk het.

  15. Taal van die onderdrukkers • Afrikaans word vandag nog gesien as die "Boere" se taal, die taal van die onderdrukkers. • 300 jaar se geskiedenis van Afrikaans word agterweë gelaat ter wille van 'n teregwysing van die sprekers en bevorderaars daarvan op grond van die feit dat dit voorheen bevoordeel is. • Omdat apartheid in Afrikaans gebeur het, impliseer nie dat Afrikaans apartheid ís nie. • Net omdat daar mense is wat Afrikaans wil bevorder, beteken nie hulle smag na 'n terugkeer na geïnstitusionaliseerde rassisme nie. • Afrikaans kan en mag nie sinoniem wees met Afrikanernasionalisme nie.

  16. Bevoordeling van Afrikaans • Dit is nie reg om enige taal kunsmatig te bevoordeel nie. Net so is dit weersinwekkend om een taal te onderdruk ter wille van 'n ander. • Die US is nie 'n bakermat van die Afrikanervolk nie, maar 'n instelling wat in ons globaliserende wêreld moet oorleef. • Niemand het die reg om te eis dat hul taal voorrang moet geniet binne die opvoedkundige kader nie..

  17. Die US en meertaligheid • Die Taalplan is die operasionalisering van die Taalbeleid in verskillende taalgebruikskontekste aan die Universiteit en moet die volgende ideaal van die Taalbeleid help verseker: • dat ’n gunstige leer-en onderrigomgewing geskep word waarbinne die bevordering van Afrikaans as akademiese taal en die ontwikkeling van meertaligheid as ’n bate die nodige aandag kan kry. - 13 September 2010

  18. The University of KwaZulu-Natal • The policy for the University makes clear: • The need to preserve and promote respect for, and proficiency in the languages referred to in the Constitution, including the heritage languages, • The development of an awareness of multilingualism through an acknowledgement of all the official languages of KwaZulu-Natal, namely isiZulu, English and Afrikaans; • To achieve for isiZulu the academic status of English; • The provision of facilities to enable the use of isiZulu as a language of learning, instruction and administration; and • The need to foster research in language planning and development. • The University will continue to use English as its primary academic language but will activate the development and use of isiZulu as an additional medium of instruction

  19. Die Raad van die Universiteit van Stellenbosch • “Dit het nog nooit beteken dat die US eksklusief Afrikaans sal wees nie. Die Universiteit lewer...’n bydrae tot die ontwikkeling van Afrikaans as akademiese taal, maar neem daarmee saam die multikulturele en meertalige Suid-Afrikaanse werklikheid in ag deur, naas die besondere fokus op Afrikaans, ook rekening te hou met Engels en isiXhosa”.

  20. Ook: UWK Ongeveer 50% van 13 000 en KSUT Ongeveer 55% van 30 000

  21. Engels en meertaligheid • Net soos wat Afrikaans niemand uitsluit nie, behoort geen ander taal dit te doen nie. Afrikaans se ontstaan was juis 'n inklusiewe een. En net omdat "almal tog Engels verstaan", soos wat ons so baie hoor, beteken nie Engels moet voorrang kry bo enige inheemse taal nie.

  22. 'n Taal tussen ander tale • Onder die Britse koloniale beleid van verengelsing is daar gepoog om Afrikaans dood te wurg. Dít het CP Hoogenhout presies 135 jaar gelede gedryf tot sy bekende weeklag:Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy sien en hoor;In ons skole, in ons kerke word ons moedertaal vermoor.Dis egter nie meer 1875 nie. Die winde van verandering het uiteindelik ook oor die suidpunt van Afrika gewaai, en nou het ons elf grondwetlik verskanste amptelike tale, insluitend Afrikaans.Ons moet Afrikaans beskerm en laat groei, maar ons kan dit nie in isolasie doen nie. Afrikaans kan slegs beskerm word as dit beskou word as taal tussen tale.

  23. Vaardigheid in ’n swart taal • Dis ook glad nie 'n slegte idee om taalvaardigheid te beklemtoon en te bevorder nie. Dit staan elkeen vry om werk te maak daarvan om Afrikaans en/of IsiXhosa/ swart taal op beginnersvlak aan te leer. Minstens een van die twee behoort by elke kursus verpligtend te wees. As almal dan nou "tog Engels verstaan", maak werk daarvan om 'n derde inheemse taal aan te leer. Heelwat buitelandse studente doen dit; waarom nie ons almal nie?

  24. Afrikaans in ’n meertalige skoolomgewing • Die debatte binne die Afrikaanse milieu plaas Afrikaans in ’n wanhopige “kry ons asb jammer”-situasie; Ons mis ‘n gulde geleentheid om die voetspoor van Afrikaans te bevorder en te bemagtig. • Wanneer jy die hofuitsprake van sommige van hierdie sake sorgvuldig bestudeer, is dit duidelik dat die grondwetlike hof die skool opdrag gee om sy taalbeleid in heroorweging neem deur die grondwetlike beginsels van regstelling, billikheid en praktiese uitvoerbaarheid in ag te neem.

  25. Beding ‘n wen-wen situasie • Waar die skool slegs rugby en netbal gespeel het, speel die kinders nou ook sokker. Die leerdertal het gestyg van 250 Afrikaanse leerders na 500 meertalige kinders. Afrikaanse leerders se Engels het drasties verbeter. En 250 Xhosa-kinders en hul ouers is nou Afrikaans magtig. is ‘n slag geslaan vir Suid-Afrika; meer nog vir Afrikaans. • Al wat nodig is, is die regte ingesteldheid en visionêre leierskap.

  26. Quis Vadis? • Dit raak dus alhoemeer duidelik dat ons rondom die posisie van Afrikaans in die hoër onderwys kwalik op eie houtjie moet probeer. Dit mag selfs nodig word dat die vyf universiteite waar Afrikaans nog as onderrigtaal gebruik word, dalk besin oor ’n gesamentlike strategie, en dalk in die proses weer die Gerwel-dokument afstof! 

  27. Onderwys • Onderwys vervul ’n belangrike rol in die ontwikkeling en sukses van ’n land. Die onderwysowerhede moet dus met ’n strategie vorendag kom wat ouers in veral die arm gemeenskappe sal bemagtig om ’n ingeligte keuse te maak ten opsigte van iets so belangrik soos hul kind se taal van onderrig. Wat nodig is, is weldeurdagte planne om die inheemse tale van Suid-Afrika op so ’n wyse in die kurrikulum in te sluit dat leerders in die grondslagfase ’n grondige kennis van hul moedertaal sal verwerf

  28. Wat moet die regering doen? • Die aanpassings wat onlangs deur die Minister van Basiese Onderwys aangekondig is, is ’n goeie begin. • Voorts benodig Suid-Afrika ’n duidelike onderneming dat die regering die inheemse tale sal bevorder. • Die bevordering van hierdie tale en moedertaal-onderrig moet by die president en sy kabinet begin.

  29. Van kombuistaal tot Sateliettaal • Suid-Afrika hoef nie ver te soek vir voorbeelde van bemarkingstrategieë om inheemse tale as onderrigtale te bemark nie. Afrikaans, eens geëtiketteer as ’n kombuistaal, is vandag ’n taal met hoër funksies; ’n taal van onderwys, wetenskap en handel. Wat het Afrikaans gedoen om met sulke rasse skrede tot satelliettaal te vorder?

  30. Steun die XhosAfrika-inisiatief • In die Wes-Kaap is daar Xhosa-sprekendes wat besig is om in Afrikaans geletterd te raak. Afrikaans het steeds ekonomiese mag, mense is bang hulle voel uitgesluit as daar Afrikaans gepraat word. • Ek wil sterk voorspraak maak vir die XhosAfrika-inisiatief. Dis ’n nuwe inisiatief om isiXhosa te bevorder en te ontwikkel. • Dis die rol wat Afrikaans kan en behoort te speel.

  31. ‘n Meer inklusiewe debat • Die belange van Afrikaans is ten nouste verbonde aan die belange van al ons ander landstale. • Daarom moet ons uitreik na die gebruikers van al die tale en nie net op Afrikaans fokus nie. • Die debat oor Afrikaans in die besonder, en meertaligheid in die algemeen, moet inklusief wees. Almal vir wie Afrikaans belangrik is moet betrek word in gesprekke oor Afrikaans. • Ons moet teenoor mekaar erken: Die debat oor Afrikaans die afgelope tyd was nie inklusief genoeg nie en Bruin Afrikaanses is uitgesluit.

  32. Van Bruines gepraat: • My mede-bruinbroers en -susters sal hul beskimmeldgeit moet laat staan en opstaan vir hul taal. Om ’n wag-en-kyk-houding aan te neem, gaan niemand en allermins die taal en sy bruin sprekers help. Kom ons neem eienaarskap van die taal wat ons met moedersmelk ingeadem het. Laat ons ophou om mekaar aan te val en oor nietighede hare te kloof. • Wees selfversekerd.

  33. Aan my wit broers en susters : • Hou op om so dêm apologeties te wees. Ons kan nie vir ewig ’n skuldgevoel oor die verlede hê nie. Dit hou die gevaar in dat dit jou so kan verlam, dat jy nie skeppend en nuut kan dink nie. Die ergste van alles, is dat ons, onsself siende blind hou vir die fenomenale prestasies wat Afrikaanssprekendes saam met ander groepe sedert 1994 behaal het. Dit sluit in ’n al hoe groter ekonomiese selfstandigheid, merkwaardige groei in die kunste armoede-verligting, en ’n reuse bydrae tot die onderwys.

  34. Wat kan ek as Afrikaanssprekende doen? • Ons moet almal saamwerk deur in ons taal oorons taal te praat. Ons kan van niemand anders as onsself verwag om iets te doen vir ons taal nie. Geen instelling hoef dit te "red" nie. Dit het in elk geval nie redding nodig nie. Al wat nodig is, is dat ons aanhou om daarin te kommunikeer. • Laat die stemme hoor inAfrikaans. Solank ons aanhou om ons taal te praat, sal dit oorleef.

  35. Fokus op die wen-wen bestemming • Ons moet fokus op die formulering van teenhegemoniese strategieë wat in die eerste instansie op ekonomiese gebied van toepassing wees. Mense moet weer begin glo dat kennis van hul eie tale en van ander tale behalwe Engels die moeite werd is, omdat dit hulle pad oopmaak tot goeie werkgeleenthede. • Transformasie op die gebied van taalgedrag gebeur nie oornag nie, maar as die visie van ‘n multikulturele, veeltalige Suid-Afrika ons kompas is, benodig ons realistiese, prakties uitvoerbare en volhoubare programme bestuur en uitgevoer met toewyding en integriteit .

  36. Is Afrikaans dood? • Afrikaanse boeke verkoop tans meer kopieë as enige ander taal in Suid-Afrika, • E-boeke is nou ook by Amazon beskikbaar. • Afrikaanse musiek oorheers die treffersparade • En so pas het ‘n Afrikaanse fliek weggeloop met ’n gesogte toekenning by die Cannes Filmfees in Hollywood.

  37. Is die kind dood? • Kan ek na my gunsteling rugbyspan op TV kyk met Afrikaanse kommentaar? • Kan ek na my gunsteling-sepie kyk in Afrikaans? • Kan ek saans na die hoofnuus op TV kyk in Afrikaans? (En het ek ‘n keuse?) • Kan ek noot vir noot saamsing met die deelnemers van my gunsteling TV-speletjie? (Selfs al sukkel sommige van hulle om die noot te hou) • Kan my kinders in Afrikaans skoolgaan?

  38. Afrikaans; 'n brug na 'n beter lewe • My boodskap vandag is dat Afrikaans vir almal 'n brug na 'n beter lewe kan wees. • Afrikaans is die taal wat vir Wes-Europa en Afrika verbind… Dit vorm ‘n brug tussen die groot helder Weste en die magiese Afrika. - NP van Wyk Louw op die Taalmonument

  39. Breyten Breytenbach Liefling, ek skryf vir jou in hierdie taal Want ek kan my nie daarvan loswoord nie. My lieflingtaal Uit: Die beginsel van stof, Breyten Bretenbach, 2011

  40. Nelson Mandela • As jy met ’n man praat in ’n taal wat hy verstaan, praat jy met sy verstand. Maar as jy met hom in sy eie taal praat, praat jy met sy hart.

  41. Mathews Phosa (1996) • Talle tonge het ekeen tong op 'n gegewe oombliktong om te snytong om te salfEk het talle tonge

  42. Jan Rabie • “Sonder Afrikaans is ek niks”

  43. Afrikaans is nie dood nie… • Die kind is nie dood nie Afrikaans is nie dood nienòg by Langa nòg by Orlando nòg by Sharpvillenòg in Pretoria, nòg in Kaapstad, nòg op Stellenbosch selfs al lê hy met ‘n koeël deur sy kopAfrikaans is die gewete van die regering wat ten spyte van hul gewere en knuppels nie die kind kan dood niedie kind, Afrikaans, is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewingsdie kind, Afrikaans loer deur die vensters van skole en huise en harte van moedersdie kind wat nie skaam is om sy sê te sê, is oralsdie kind wat ‘n man geword het, word regoor Suid-Afrika gepraat die kind wat ’n vrou geword het, word gehoor deur die ganse Afrikadie kind het ‘n reus geword, en reis deur die hele wêreld Tot by Hollywood... - Ingrid Jonker

  44. ... seën hierie taal oek Here, Kaaps en Afrikaans wat, soes ek Djou vertel het, singend is, bestem virrie kitaar: 'n taal met curves, het ek vi' Djou gesê, soes van 'n sexy engel ... -Adam Small Seën hierie taal, Here

  45. Bronne • Alexander, Neville. 2010. Die uitdagings vir moedertaalonderrig in ‘n veeltalige konteks • met ‘n spesifieke fokus op Afrikaans. 27 Augustus, Openingsrede van ATR-kongres. • Beeld. 2011. Hier studeer Afrikaanse studente. 23 Mei. • Botman, Russel. 2010. Afrikaans uit sy kettings. Die Vierde Jaarlikse Mathews Phosa-lesing, Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), Paarl, 12 Augustus. • Breytenbach, Breyten. 2011. Lieflingtaal uit: Die beginsel van Stof. Human en Rousseau. • De Havilland,N & I Saunders. 2001. Suid-Afrika en die wêrelddag vir kulturele diversiteit vir dialoog en ontwikkeling. Mei. • De Klerk, Fw. 2010. Notas gebruik deur F W De Klerk by die Jaarlikse Johan Combrink Gedenklesing van die Vriende van Afrikaans. Stellenbosch, 4 Februarie 2010. • Du Plessis, Theo. Die huidige debat oor die posisie van Afrikaans aan Suid-Afrikaanse universiteite. • Jonker, Ingrid. 1960. Die kind wat dood geskiet is deur soldate by Nyanga. • Le Cordeur, MLA. 2010. Noodsaaklik: ’n Moedertaalgebaseerde taal-in-onderwys-beleid. LitNet. • Mathews Phosa .1996. Talle Tonge. • Universiteit Stellenbosch. 2010. Die Taalplan. 13 September. • University of KwaZulu Natal. 2010. Language Policy. • Rossouw, Johann. 2011. Dan moet die Steve’s van Suid-Afrika maar eerder stilbly. Rapport, 22 Mei. • Small, Adam. 1996. Ongepubliseerde gedig, in gesprek met Heindrich Wyngaardt. • Stehle, Rudolf. 2010. Akademici dit eens: Bevorder Afrikaans én meertaligheid in onderwys. Referaat gelewer by ATR-kongres. LitNet: 2 September. • Stockenstrom, Wilma. “Toe het klippers mond oopgemaak en gepraat. • Swart, Marius. 2005. Gun elke inheemse taal sy plek. LitNet.

  46. Die AfrikaanseTaalraad (ATR)Beskerm, bemagtig en bevorder • Die referaat sal teen Maandag 30 Mei op die webwerf wees van die ATR: • www.afrikaansetaalraad.co.za • Dankie

More Related