1 / 42

Die R elevante Pastoor .

Die R elevante Pastoor . Johan Erikson Maart 2012. DIE GESIG VAN DIE PASTOOR Sommige foute kan jou bediening skade berokken . Sommige foute kan jou , jou bediening kos . Sommige foute kan jou , jou Pastoorstatus kos . Wat jy sien is nie noodwendig wat jy kry nie !.

giza
Télécharger la présentation

Die R elevante Pastoor .

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Die RelevantePastoor. Johan Erikson Maart 2012

  2. DIE GESIG VAN DIE PASTOOR • Sommigefoutekanjoubedieningskadeberokken. • Sommige foute kan jou, joubedieningkos. • Sommigefoutekanjou, jouPastoorstatuskos. Watjysien is nienoodwendigwatjykrynie!

  3. HOE SIEN DIE GEMEENTE, GEMEENSKAP EN JOU GESIN JOU ?

  4. 1. BOKSER

  5. 2. BEDELAAR

  6. 3. SKUIL AGTER VROU

  7. 4. SKUIL AGTER BESTUURSRAAD

  8. 5. SLORDIG (KLEREDRAG)

  9. 6. VUIL KAR

  10. 7. SLORDIGE TERREIN

  11. 8. CASSANOVA

  12. 9. DUBBEL LEWE. HUIS/KERK

  13. 10. SKINDER (Houjy van stories) of gebruikjyvertroulikeinligting in joupreek?

  14. 11. GELD JOU BAAS (Verdeeldeaandag)

  15. 12. DIKTATOR (Wilbeheerooralleshê)

  16. 13. KLAKOUS ‘n OntevredePastoor het nooitsy Gemeente by homnie.

  17. 14. VERPAKKING VAN JOU DIENS

  18. 15. SIEN DIE MENSE JOU AS GELOOFWAARDIG. En wat dink jougesin?

  19. 16. JY TREK SWAK MENSE AS LEIERS OM JOU, SODAT JYSELF BETER LYK.

  20. Die bogenoemdesaljounienoodwendigjou amp kosnie, maarkan ‘n streep trek deurjousuksesvollebediening. • DIE MEER ERNSTIGE OORTREDINGS WAT JOU, JOU AMP SAL KOS AS DIT AAN DIE LIG SOU KOM: “DISCIPLINE : BASIS AND PURPOSE. • To maintain the honour of God. • To promote the wellbeing of the church. • To remove sin from the ranks of the church. • To assist transgressions by means of disciplinary • action to regain a Biblical relationship with God and His church.”

  21. APPENDIX 11 ADMINISTRATION OF JUSTICE REGULATIONS IN RESPECT OF DISCIPLINARY CODE, PROCEDURES AND PERSONNEL MATTERS (REFER TO CHAPTER 11 OF THE CONSTITUTION

  22. PASTORAL CODE OF CONDUCT

  23. 1.EGSKEIDING • (Onthou, jou huwelik is ‘n Mikrokosmos van jou Gemeente. • As jy nie jou huis goed beheer nie, kan jy verseker ook nie jou • Gemeente goed beheer nie.) Dit is nie sonder rede dat Tim. 3:1-7 spesifiek daarna verwys nie. • 2. MISHANDELING IN ALLE VORME • 3. HANDE IN DIE GELDLAAI(GELD STEEL) • 4. EGBREEK

  24. 5. KINDERMOLESTERING • VOORBEELDE VAN DISSIPLINÊRE VERHORE • 1. Kontrak geteken om kerkgebou te verkoop. • (Skuldig- moes koopkontrak kanselleer.) • 2. Saai van verdeeldheid. ( Skuldig- status opgeskort vir 12 maande. Moet weer aansoek doen.) • 3. Vrou verniel. (Skuldig- Status 12 maande opgeskort.) • 4. Buite-egtelike verhouding. ( Skuldig - 36 maande.)

  25. 5.FINANSIЁLE BELEID. • a) Geen kwitansies uitgereik. (Skuldig.) b) Toegelaat dat eggenote die finansies hanteer. (Skuldig.) c) Notules nie behoorlik bygehou, notules nie ingeplak, genommer en elke bladsy geteken nie. (Skuldig.) d) Kontant betalings gemaak. (Skuldig.) e) Finansiële verslae nie voorgelê vir goedkeuring by maandelikse vergadering. (Skuldig.) f) Maandelikse bankstate nie maandeliks geteken nie. (Skuldig.) g) Kwitansies nie gegee of aangebied aan skenkers nie. (Skuldig.) h) Kontant onttrekkings gemaak sonder goedkeuring. (Skuldig.) i) Veranderings aangebring op tjeks. (Skuldig.) • NOG VOORBEELDE VAN DISSIPLINÊRE VERHORE

  26. j) Tjeks nie teruggeplak in tjekboek. (Skuldig.) • k) Teenblaadjie van tjekboek uitgeskeur. (Skuldig.) • l) Dokumentêre bewys van alle betalings nie gelewer (Skuldig.) • m) Oorspronklike state nie ingeplak in kasboek. (Skuldig.) • n) Veranderings aangebring op bankstate. (Skuldig.) • o) Poging om sekretaris ‘n vals verklaring te laat aflê. (Skuldig.) • p) Nie toegesien dat daar behoorlike administratiewe of finansiële beheer toegepas word nie. (Skuldig.) • q) Boeke nie gereeld geoudit nie. (Skuldig.) • r) Bouprojek nie apart geoudit of geadministreer nie. (Skuldig.) • s) Skrywe vervals. (Skuldig.) • t) Poging om gemeente te vervreem sonder die nodige prosedures of goedkeuring. (Skuldig.)

  27. 6. BEDROG EN BUITE-EGTELIKE VERHOUDING. • (SKULDIG- 36 MAANDE.) • Koerantberigte: “Ons Het In HomGegloOmdatHy ‘n Godsman Is.”

  28. 7. Gemeenterekeninge en gemeentenaam verander sonder goedkeuring. (Skuldig.) • 8. Terughouding van Statutêre Fondse. (Skuldig - alle fondse onmiddellik oorbetaal.) • 9. Geld geleen by gemeente. (Skuldig.) • 10. Versuim het om ‘n gemeentebeleid daar te stel en het a.g.v. genoemde versuim, homself die reg toegeëien om Gemeenteraadslede af te dank en lede van sy eie keuse aan te stel, om te verseker dat optredes/ besluite, nie bevraagteken word nie. (Skuldig.) • 11. Pastorie gekoop sonder die nodige goedkeuring en prosesse. • (Skuldig - Koop is gekanselleer.) • 12. Kindermolestering. (In albei gevalle is straf verswaar na Appél.) • Een het tronkstraf uitgedien. • 13. Nie verklaring of verduideliking van betalings. (Skuldig.)

  29. WAT VERWAG MENSE VAN JOU? • Alleberoepegaangepaard met ‘n sekereverwagting. • Dokter, Ouditeur, Onderwyser of Ingenieur. • Ongelukkig word die hoogste verwagting gestel aan ‘n Predikant of Pastoor • Mense verwag van jou om nie dieselfde foute as hulle te maak nie. • Wil trots wees op hulle Gemeente en Pastoor.(Sal dan met vrymoedigheid mense kerk toe bring).

  30. HOE VERMY JY ‘N PAAR SLAGGATE? ALLE OORTREDINGS HET 3 DINGE IN GEMEEN: • Die eerste keer is die heel moeilikste. • Die kerk versorg ongelukkig nie sy gewondes nie. (Dit is baie alleen daar.) • Feitlik almal leef in ontkenning. • ________________________________ • 1. Wees verantwoordbaar vir alles wat jy doen. • 2. Vermy situasies waar probleme kan ontstaan. • 3. Moet glad nie self betrokke wees met die administrering van gemeente • finansies nie. Jy moet verseker weet wat in jou gemeente aangaan. • 4. Dames, wees so betrokke by jou man se bediening dat jy dadelik sal • agterkom as daar iets fout is.

  31. 5. Pastore, pasop vir berading. • Meeste verhoudings ontstaan uit baie intieme gesprekke. • 6. As jy dalk gefouteer het: • - Doel van tug is om die betrokke persoon so spoedig moontlik • weer op die regte pad te kry. • - Erken dat jy gefouteer het en hou dan op daarmee.

  32. HOE KAN JY AS PASTOOR RELEVANT WEES? RELEVANT BETEKEN: “Pertinent tothe matter at hand” • “Closelyconnectedorappropriatetothe matter on hand” HAT - “Wat ter sake, van betekenis is. Wat op die voorgrond tree” Onthou tye verander daagliks en mense kan keuses maak. Niemand verplig hulle om by jou te aanbid nie. Die profiel van lidmate het ook drasties verander.

  33. 1. Wees relevant tot jou gemeente, die gemeenskap en weet wat aangaan in die wêreld. (Lees maar jou koerant en kyk nuus.) Onthou mense is ingelig en verwag dit ook van jou. Sorg dat jy jou gemeente by jou het. • 2. Nie alle arbeidsvelde is dieselfde nie. Die Pastoor wat die Gemeente in hul daaglikse vrae en vreugde aanspreek, sal sy gemeente op die regte pad saam met hom hê. Hy moet sy mense en hul nood ken. • Hy moet met hulle saam kan werk en speel, maar altyd man van God bly. Hy moet nooit daarna streef om ‘n populêre of “lekker” pastoor te wees nie. Sy vereenselwiging met sy lidmate moet sodanig wees, dat hulle nooit hulle eerbied of respek vir hom verloor nie. Hulle moet hul diepste geheime aan hom kan meedeel sonder om te vrees dat hy hom daaraan sal vergryp en dit misbruik en verlaag tot illustrasiemateriaal in sy prediking. • Pastore moet minder met hul mense van die kansel af baklei. • Verwyte vanaf die kansel, sonder die konteks van die Woord wat spreek, gaan nie baie diep nie.

  34. 3. Jou prediking moet mense laat nadink en na die skrifte dryf. • Mense soek Godspraak. Die Godvresende en toegewyde Prediker sal sy Gemeente altyd saam met hom hê. Dit is die man wat met God wandel en sy omgang met die Here nie verwaarloos nie. So ‘n persoon is gewoonlik ook ‘n langtermyn pastoor. Hy het ‘n boodskap vir oud en jonk, siek en gesond, in tye van voorspoed sowel as in tye van krisis. Sy boodskap is altyd Christus gesentreerd. Hy is meer besorg oor die uitbreiding van God se koninkryk as onmiddellike sigbare resultate.

  35. 4. Sorg dat jy ten alle tye die Stem van die Here hoor. • Die biddende Pastoor sal altyd sy Gemeente saam met hom hê. • Dit is nodig dat jou gesig soms sal blink soos die van Moses, omdat jy in • gemeenskap met God verkeer het. • 5. Wees altyd en in alles geloofwaardig. Wees “EG” in alles. • Die onegte Pastoor sal nooit sy mense saam met hom hê nie. • Ons praat van Bybelse egtheid. • Hy is nederig oor die gawes, talente en vermoëns wat die Here aan hom gegee het. • ‘n Pastoor kan nooit sy ware inhoud verberg nie. Hy kan nie toneel speel in ‘n gemeente nie. Hy word baie gou ontdek.

  36. . • 6. Wees regtig lief vir jou gemeente. • Die liefdevolle Pastoor sal sy gemeente voortdurend saam met hom hê. • Nie ‘n aangeplakte, mensgemaakte, obsessionele liefde wat net uiterlik is nie, maar die liefde wat deel van jou totale persoonlikheid en optrede is. • 7. Behandel almal met respek. • Wees tevrede met jou omstandighede. • Die ontevrede Pastoor het nooit sy Gemeente by hom nie.

  37. Daar is baie faktore in die bediening wat ‘n mens ontevrede kan maak: - Die pastorie wat jy bewoon. - Die mense wat jy bearbei. - Die geld wat jy verdien. - Die groot gebied wat jy moet bedien. • As jy voortdurend oor hierdie dinge tob en praat, word jy meer en meer ‘n ongelukkige mens en sal die bediening daaronder ly. • Die beeld van ‘n klaende en ongelukkige pastoor, het ‘n verlammende uitwerking op die Gemeente. • Die persoonlike gebrek aan oorwinning oor jou eie situasie, veroorsaak dat die Gemeente nie met oop ore na jou luister nie.

  38. 8. Onthou dat God jou enigste bron is. Die ongeestelike pastoor sal nooit die Gemeente op die regte pad by hom hê nie. Dit veronderstel dat die Pastoor deur die gees moet leef en wandel en nie in die vlees nie. Jy kan nie net preek oor die kragvolle werking van die Heilige Gees nie. Dit moet in jou persoonlike alledaagse lewe waarneembaar wees. 9. Omring jou met die sterkste moontlike leiers. 10. Sorg dat jou gemeentelede trots op jou kan wees. 11. Werk hard. Die lui Pastoor het nie sy Gemeente by hom nie.

  39. Die lui pastoor is die een wat nie sy pligdoen nie. Hy berei sy preke nie deeglik voor nie. Hy doen nie sinvolle huisbesoek nie. Sy studeerkamer sien hom selde. Hy is laat vir sy afsprake of kanselleer dit maklik. So ‘n persoon skep die indruk van ‘n moeë man wat nie meer kans sien vir die taak nie, en waar dit gebeur sal die gemeente stadig maarseker wegdros in ontrouheid.

  40. Weliswaar is dit ‘n relatiewe begrip, want vir sommige mense is die baie wat hulle doen, nooit genoeg nie, terwyl vir andere die bietjie wat hulle doen, altyd te veel is.

  41. 11. Jou werk is nie DEEL van jou lewe nie, dit IS jou lewe. • Onthou altyd, dit is ‘n roeping, nie jou werk nie.

More Related