1 / 41

Daniël 3 - Die Boodskap

Daniël 3 - Die Boodskap

Télécharger la présentation

Daniël 3 - Die Boodskap

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Daniël 3 - Die Boodskap 1 Koning Nebukadnesar het ’n goue standbeeld laat maak, 27 meter hoog en amper drie meter breed. Hy het dit in die vlakte van Dura in die provinsie Babel laat oprig. 2 Toe het hy beveel dat al sy amptenare, die prinse, die hoofde, die administrateurs, die raadgewers, die bankiers, die regters, die landdroste en al die ander belangrike amptenare van die provinsies bymekaar moes kom vir die inwyding van die beeld wat hy laat oprig het.

  2. 3 Toe al hierdie belangrike amptenare aangekom het, het hulle voor die beeld gaan staan wat koning Nebukadnesar laat maak het. 4 Toe het ’n aankondiger hard uitgeroep: “Mense van alle volke, nasies en taalgroepe, hierdie is die koning se bevel: 5 Sodra julle die trompette, fluite, siters, liere, harpe en ander blaas- en musiekinstrumente hoor, moet julle voor die goue beeld kniel wat koning Nebukadnesar laat maak het en dit aanbid.

  3. 6 Enigeen wat weier om die beeld te aanbid sal dadelik in ’n vuurwarm oond gegooi word.” 7 Daarom het al die volke, nasies en taalgroepe, toe hulle die blaas- en musiekinstrumente hoor speel, voor die beeld gekniel wat koning Nebukadnesar laat oprig het en dit aanbid.

  4. 8 ’n Klompie Babiloniërs het die Judeërs in die moeilikheid probeer kry. 9 Hulle het vir koning Nebukadnesar gesê: “Lank lewe die koning! 10 U het mos die opdrag gegee dat as die musiek begin, almal voor die goue standbeeld moet kniel en dit moet aanbid, 11 en dat enigeen wat weier om dit te doen, dadelik in ’n vuurwarm oond gegooi moet word.

  5. 12 Wel, daardie Judeërs, Sadrag, Mesag en Abednego, wat u aan die bestuur van die provinsie Babel geplaas het, steur hulle nie aan u opdrag nie. Hulle weier om u gode te aanbid of om voor die beeld wat u laat maak het te kniel.”

  6. 13 Hieroor was Nebukadnesar baie kwaad. Hy het opdrag gegee dat Sadrag, Mesag en Abednego na hom toe gebring moet word. Toe hulle voor hom staan, 14 het Nebukadnesar vir hulle gevra: “Sadrag, Mesag en Abednego, is dit waar dat julle weier om my gode te aanbid en om voor die goue beeld wat ek gemaak het te kniel?

  7. 15 Ek gaan julle nog een kans gee. As julle bereid is om voor die standbeeld te kniel en dit te aanbid as julle die musiek hoor, sal ek niks aan julle doen nie. Maar as julle weier, sal julle dadelik in die vuurwarm oond gegooi word. Dink mooi, want watter god sal julle daaruit kan red?”

  8. 16 Toe antwoord Sadrag, Mesag en Abednego: “Koning Nebukadnesar, ons hoef ons nie voor u te probeer verdedig nie. 17 Die God wat ons dien, kan ons uit die oond en uit u mag red as Hy wil. 18 En selfs al wil Hy nie, kan u maar seker weet dat ons nooit u gode of die goue beeld wat u laat maak het, sal dien en aanbid nie.”

  9. 19 Nebukadnesar het skoon bleek geword van woede vir Sadrag, Mesag en Abednego. Hy het beveel dat die oond sewe maal warmer as gewoonlik gemaak moes word. 20 Daarna het hy van die sterkste soldate beveel om vir Sadrag, Mesag en Abednego vas te bind en hulle in die vuurwarm oond te gooi. 21 Hulle is toe vasgebind en sommer met klere en al in die rooiwarm oond gegooi.

  10. 22 Omdat die koning in sy woede opdrag gegee het dat die vuur verskriklik warm gemaak moes word, het die hitte van die oond die soldate verbrand toe hulle die drie in die oond gegooi het.

  11. 24 Skielik het Nebukadnesar van verbasing opgespring en vir sy raadgewers gevra: “Het ons nie net drie mans vasgemaak en in die oond gegooi nie?” “Dit is waar, U Majesteit,” het hulle geantwoord. 25 “Wel, hoekom sien ek dan vier mense daar in die vuur rondloop? Kyk, hulle is nie eers vasgebind nie en die vuur doen net mooi niks aan hulle nie. Boonop lyk die vierde persoon vir my net soos ’n hemelwese.”

  12. 26 Nebukadnesar het toe na die oond toe gestap en geroep: “Sadrag, Mesag en Abednego, dienaars van die allerhoogste God, kom uit!” Hulle het dadelik uit die oond gekom. 27 Al die prinse, premiers, adminis-trateurs en ander amptenare van die koning het nader gekom om na die drie mans te kyk. Hulle was verstom om te sien dat die vuur niks aan hulle gedoen het nie. Hulle hare was nie geskroei nie en daar was nie ’n enkele brandmerk aan hulle klere nie. Hulle het nie eens na rook geruik nie.

  13. 26 Nebukadnesar het toe na die oond toe gestap en geroep: “Sadrag, Mesag en Abednego, dienaars van die allerhoogste God, kom uit!” Hulle het dadelik uit die oond gekom. 27 Al die prinse, premiers, adminis-trateurs en ander amptenare van die koning het nader gekom om na die drie mans te kyk. Hulle was verstom om te sien dat die vuur niks aan hulle gedoen het nie. Hulle hare was nie geskroei nie en daar was nie ’n enkele brandmerk aan hulle klere nie. Hulle het nie eens na rook geruik nie.

  14. "Cheap grace is the mortal enemy of our church. Our struggle today is for costly grace." - Dietrich Bonhoeffer

  15. "Cheap grace is the mortal enemy of our church. Our struggle today is for costly grace." - Dietrich Bonhoeffer

  16. "Cheap grace is the mortal enemy of our church. Our struggle today is for costly grace." - Dietrich Bonhoeffer

  17. "Cheap grace is the mortal enemy of our church. Our struggle today is for costly grace." - Dietrich Bonhoeffer

More Related